Gaan na inhoud

Philipp Lenard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Philipp Lenard

Philipp Eduard Anton von Lenard (Duits: [ˈfɪlɪp ˈleːnaʁt] Hongaars: Lénárd Fülöp Eduárd Antal; 7 Junie 186220 Mei 1947) was 'n Hongaars-Duitse fisikus en die wenner van die Nobelprys vir Fisika in 1905 vir sy werk oor katodestrale en die ontdekking van baie van hul eienskappe. Een van sy belangrikste bydraes was die eksperimentele verwesenliking van die foto-elektriese effek. Hy het ontdek dat die energie (spoed) van die elektrone wat uit 'n katode uitgestoot word, slegs afhang van die frekwensie, en nie die intensiteit nie, van die invallende lig.

Lenard was 'n nasionalis en antisemiet; as 'n aktiewe voorstander van die Nazi-ideologie het hy Adolf Hitler in die 1920's ondersteun en was 'n belangrike rolmodel vir die "Deutsche Physik"-beweging gedurende die Nazi-tydperk. Hy het veral Albert Einstein se bydraes tot die wetenskap as “Joodse fisika” bestempel.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Beyerchen, Alan (1977). Scientists under Hitler: Politics and the physics community in the Third Reich. New Haven, CT: Yale University Press. ISBN 978-0300018301.
  • Cornwell, John (2003). Hitler's Scientists: Science, War and the Devil's Pact. Penguin Books. ISBN 978-0142004807.
  • Hentschel, Klaus, red. (1996). Physics and National Socialism: An anthology of primary sources. Basel: Birkhaeuser. ISBN 978-3764353124.
  • Walker, Mark (1995). Nazi science: Myth, truth, and the German atomic bomb. New York: Harper Collins. ISBN 978-0306449413.
  • Wolff, Stephan L. (2003). "Physicists in the 'Krieg der Geister': Wilhelm Wien's 'Proclamation'". Historical Studies in the Physical and Biological Sciences. 33 (2): 337–368. doi:10.1525/hsps.2003.33.2.337.