Oganesson
| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | oganesson, Og, 118 | |||||
Chemiese reeks | edelgasse | |||||
Groep, periode, blok | 18, 7, p | |||||
Voorkoms | onbekend, waarskynlik kleurloos | |||||
Atoommassa | voorspel, (314) g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | moontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p6 (geraai op grond van radon) | |||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 32, 32, 18, 8 | |||||
Toestand | vermoedelik 'n gas | |||||
CAS-registernommer | 54144-19-3 | |||||
Portaal Chemie |
Oganesson (met die elementsimbool Og) is die naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118, tans die hoogste atoomgetal toegeken aan 'n element (kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is). Dit het die tydelike IUPAC-naam "ununoctium" en elementsimbool "Uuo" gehad totdat dit op 28 November 2016 sy nuwe naam gekry het.[1][2] Dit is genoem na die fisikus Yuri Oganessian, wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die swaarste elemente op die periodieke tabel.
Oganesson deel waarskynlik eienskappe met ander elemente in sy groep, die edelgasse, en kom waarskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe. Sommige navorsers verwys daarom daarna as eka-radon. Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas.
As kernonstabilitiet vanweë radioaktiwiteit weggelaat word, verwag wetenskaplikes oganesson is chemies baie meer reaktief as xenon of radon. Dit sou waarskynlik stabiele oksiede (OgO3, etc.) sowel as chloriede en fluoriede vorm.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1999 het navorsers by die Lawrence Berkeley Nasionale Laboratorium die ontdekking van elemente 116 (Livermorium) en 118 in Physical Review Letters aangekondig.[3]
Die navorsers het beweer hulle het die reaksie uitgevoer:
Die jaar daarna het hulle die bewering teruggetrek nadat ander navorsers nie hulle resultate kon herhaal nie.[4] In Junie 2002 het die direkteur van die laboratorium aangekondig die aanvanklike bewering omtrent die ontdekking van die twee elemente was gegrond op data wat deur die hoofouteur, Victor Ninov, versin is.
Die Amerikaanse groep wou die element ghiorsium noem na Albert Ghiorso voordat hulle die bewering moes terugtrek.
Op 10 Oktober 2006 kondig navorsers by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, in Physical Review C aan hulle het ununoctium-294 vervaardig deur die botsing van kalifornium-249-atome en kalsium-48-ione indirek waar te neem:[5][6]
Die navorsingspan het bestaan uit werknemers van die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing en die Lawrence Livermore Nasionale Laboratorium in Kalifornië, VSA. Die vervalprodukte van drie atome van oganesson, nie die atome self nie, is in Doebna waargeneem. 'n Halfleeftyd van 0,89 ms is waargeneem: 294Og verval na 290Fl deur alfaverval. 290Og is baie onstabiel en verval binne 'n breukdeel van 'n sekonde na 286Fl, wat ook spontane splyting kan ondergaan of kan alfaverval na 282Cn, wat spontane splyting sal ondergaan.[7]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Staff (30 November 2016). "IUPAC Announces the Names of the Elements 113, 115, 117, and 118". IUPAC. Besoek op 1 Desember 2016.
- ↑ St. Fleur, Nicholas (1 Desember 2016). "Four New Names Officially Added to the Periodic Table of Elements". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 1 Desember 2016.
- ↑ Ninov, Viktor (27 Mei 1999). "Observation of Superheavy Nuclei Produced in the Reaction of 86Kr with 208Pb". Physical Review Letters. 83 (6–9): 1104–1107. doi:10.1103/PhysRevLett.83.1104. Besoek op 20 Oktober 2006.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Public Affairs Department (21 Julie 2001). "Results of element 118 experiment retracted" (in Engels). Berkeley Lab. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 17 Oktober 2006.
- ↑ Sanderson, Katherine (17 Oktober 2006). "Heaviest element made – again". [email protected] (in Engels). Nature. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 19 Oktober 2006.
- ↑ Phil Schewe and Ben Stein (17 Oktober 2006). "Elements 116 and 118 Are Discovered". Physics News Update (in Engels). American Institute of Physics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 19 Oktober 2006.
- ↑ Oganessian, Yu. Ts. (9 Oktober 2006). "Synthesis of the isotopes of elements 118 and 116 in the 249Cf and 245Cm+48Ca fusion reactions". Physical Review C. 74 (4): 044602. doi:10.1103/PhysRevC.74.044602. Besoek op 16 Oktober 2006.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Oganesson. |
Sien oganesson in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- Livermore persverklaring omtrent die ontdekking Geargiveer 22 September 2008 op Wayback Machine
- WebElements.com – Uuo
- Apsidium – Oganesson
- "U.S., Russian scientists discover new element". Reuters/ABC News. 16 Oktober 2006. Besoek op 16 Oktober 2006.
- Theory of atomic-mass calculation
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |