Gaan na inhoud

Nelson Mandela-dag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
MONUSCO personeel maak 'n gedeelte van die Goma General Hospital in die DRK op Mandela-dag in 2012 skoon.

Nelson Mandela-dag (of net Mandela-dag) is 'n jaarlikse internasionale feesdag ter ere van oudpresident Nelson Mandela. Dit word op 18 Julie, Mandela se verjaarsdagdatum, gevier.[1]

Die dag is in November 2009 as 'n amptelike internasionale dag deur die Verenigde Nasies verklaar[2] en die eerste VN Mandela-dag is op 18 Julie 2010 gevier. Die dag is egter informeel vir die eerste keer in 2009 gevier.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die 46664-konsertorganisasie en die Nelson Mandela-stigting het op 27 April 2009 die wêreldgemeenskap uitgenooi om hul ondersteuning vir Mandela se nalatenskap te wys deur 18 Julie 2009, Mandela se 91ste verjaarsdag, saam te vier.[3]

Hierdie eerste internasionale viering van Mandela is herdenk deur 'n konsert wat deur die 46664 en die Nelson Mandela-stigting vir 18 Julie gereël is en by die Radio City Music Hall in New York, VSA gehou is. Die dag is voorafgegaan deur 'n reeks opvoedkundige geleenthede, kunsuitstallings, fondsinsamelings en geleenthede vir vrywilligerswerk.[4] In November 2009, het die VN se Algemene Vergadering 18 Julie toe amptelik as "Internasionale Nelson Mandela-dag" verklaar.[5]

Mandela-dag is nie 'n publieke vakansiedag in Suid-Afrika nie, maar 'n dag wat gebruik word om Nelson Mandela se nalatenskap en sy waardes te eer deur mense aan te moedig om vrywilligerswerk en gemeenskapsdiens te doen.[1][6] Die dag is 'n internasionale oproep tot aksie wat die idee vier dat elke individu die krag het om die wêreld te verander en 'n verskil te maak wat 'n blywende impak sal hê.

Die Mandela-dag veldtog se boodskap is:

"Nelson Mandela het vir 67 jaar vir sosiale geregtigheid geveg. Ons vra dat elkeen met 67 minute begin."[4]

Die aantal jare is gebaseer op Mandela wat in 1942 by die ANC aangesluit het tot en met 2009 toe die feesdag tot stand gekom het.

'n Verklaring wat in 2009 namens Mandela uitgereik is, het gesê dat dit vir hom 'n eer sal wees as hierdie dag mense regoor die wêreld bymekaar kan bring om teen armoede te stry en vrede, versoening en kulturele diversiteit te bevorder".[7]

In 2014 het die VN se Algemene Vergadering die Nelson Mandela-prys ingestel, 'n vyfjaarlikse toekenning wat erkenning gee aan die prestasies van diegene wat hul lewens aan die diens van die mensdom toegewy het.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Nelson Mandela International Day, July 18, For Freedom, Justice and Democracy". un.org. Besoek op 11 Julie 2011.
  2. "Resolution adopted by the General Assembly", General Assembly, United Nations, 1 December 2009.
  3. "The Nelson Mandela Foundation and 46664 call for the establishment of a global 'Mandela Day' – Nelson Mandela Foundation". www.nelsonmandela.org (in Engels (VSA)). Besoek op 19 Julie 2018.
  4. 4,0 4,1 "Mandela Day". Mandela Day. Besoek op 31 Julie 2010.
  5. "UN gives backing to 'Mandela Day'". BBC News. 11 November 2009. Besoek op 16 November 2009.
  6. "46664 and the Nelson Mandela Foundation Call for Establishment of Global 'Mandela..." Reuters. 27 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2013. Besoek op 31 Julie 2010.
  7. "World urged to mark 'Mandela Day'". BBC News. 27 April 2009. Besoek op 1 April 2010.
  8. "Nelson Mandela International Day". www.un.org (in Engels). Besoek op 14 Desember 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]