Gaan na inhoud

Narita Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Narita Internasionale Lughawe
成田国際空港
Narita Kokusai Kūkō
IATA: NRTICAO: RJAA
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Narita Internasionale Lughawekorporasie (NAA)
Bedien Groter Tokiogebied
Ligging Narita, Chiba, Japan
Spil vir
Hoogte bo seevlak 135 vt / 41 m
Webtuiste www.narita-airport.jp
Landkaart
NRT is in Japan
NRT
NRT
Ligging in Japan
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
16R/34L 4 000 13 123 Teer
16L/34R 2 500 8 202 Teer
Statistieke (2022)
Passasiers 15 415 924
Vrag (metrieke ton) 2 356 119
Lugbewegings 165 264
Bron: Narita International Airport Corporation[1]

Die Narita Internasionale Lughawe (Japannees:成田国際空港 of Narita Kokusai Kūkō) (IATA: NRT, ICAO: RJAA), ook bekend as Tokio-Narita, is die primêre internasionale lughawe in diens van die Groter Tokio-area van Japan. Dit is 57,5 km oos van Tokiostasie en 7 km oos-suidoos van Naritastasie geleë[2] in die stad van Narita in Chiba en die aangrensende dorp Shibayama.

Narita hanteer die meerderheid van die internasionale passasiersverkeer na en van Japan, en is ook 'n groot aansluitingspunt vir lugverkeer tussen Asië en Suid-Amerika. Die lughawe het 35 478 146 passasiers gehanteer in 2007.[3] Dit is die tweede besigste lughawe vir passasiers in Japan,[3] die besigste lugvragmiddelpunt in Japan,[4] en die negende-besigste lugvragspilpunt in die wêreld.[4] Dit dien as die vernaamste middelpunt van Japan se vlagdraer Japan Airlines, en ook All Nippon Airways, Nippon Cargo Airlines en die laekoste draers Jetstar Japan en Vanilla Air. Dit dien ook as 'n Asiatiese middelpunt vir Delta Air Lines en United Airlines. Volgens wet in Japan word dit as 'n eersteklaslughawe geklassifiseer.

Narita-lughawe se terminaal 1-gebou
'n FedEx MD-11 land op Tokio Narita-lughawe
'n KLM Boeing 777 word teruggestoot vanaf 'n hek by Narita

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Narita Airport Traffic Statistics -2019 (Jan-Dec)" (PDF). Narita International Airport. Januarie 2020. Besoek op 12 April 2020.
  2. AIS Japan
  3. 3,0 3,1 "ACI passenger statistics for 2007". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2012. Besoek op 9 Augustus 2014.
  4. 4,0 4,1 "ACI cargo statistics for 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2012. Besoek op 9 Augustus 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.