Nama
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Namas.
Nama Khoekhoegowab | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Botswana Namibië Suid-Afrika | |
Gebied: | Oranjerivier Namakwaland | |
Totale sprekers: | 202 200[1] | |
Taalfamilie: | Khoisan Khoe Khoekhoe Noord-Khoekhoe Nama | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Namibië (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen
| |
ISO 639-2: | khi
| |
ISO 639-3: | naq
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Nama is 'n Khoisan-taal wat deur die Namas en Damaras in Namibië, Botswana en Suid-Afrika gepraat word. Dit is ook bekend as Khoekhoegowab. Daar is meer as 270 000 mense met Nama as moedertaal. Andere benamings vir Nama sluit in: Namataal, Nama/Damara, Namakwa, Namaqua, Bergdamara en Tama.
Nama is verwant aan die taal van die Hai//om-San, ǂAakhoe.
In Namibië word Nama as 'n nasionale taal erken. In Suid-Afrika is Nama nie een van die elf ampstale nie, maar is wel in die grondwet opgeneem as taal wat deur die nasionale regering beskerm en gekultiveer moet word. Daar is pogings om die taal in Suid-Afrika te bevorder.[2] In 2018 is die Namataal by sommige skole in die Noord-Kaap bekendgestel.[3][4]
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Nama |
---|---|
asseblief | toxoba |
dankie | aio |
baie dankie | kai aios |
Broer | ǃgâsab |
een | ǀgui |
twee | ǀgam |
drie | ǃnona |
vier | haka |
vyf | koro |
venster | mûǂui doas |
vuur | ǀaes |
goed (byvoeglike naamwoord) | ǃgâi-a |
goed (bywoord) | ǃgâise |
sleg | ǁgâi-a |
Goeiemôre | ǃgâi ǁgoas |
Goeienaand / goeie nag | ǃgâi ǃoes |
Goeiedag / totsiens | ǃgâi tsés |
Huis | oms |
gister | ǁari |
vandag | nétsé |
môre | ǁari |
seun | axab, ǀgoab, darob |
meisie | axas, ǀgoas, daros, ǂkhamkhoes |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
- Franz Kleinschmidt (1812–1864), Rynse sendeling en opsteller van Nama-Nederlands-woordeboek.
- Johann Krönlein (1826–1892), Rynse sendeling, Nama-Bybelvertaler en -leksikograaf.
- Johann Schmelen (1777–1848), Rynse sendeling en Namakenner.
- Heinrich Vedder (1876–1972), Rynse sendeling, opvoedkundige, taalkundige (onder meer van Nama), volkekundige, historikus en senator.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Khoekhoe" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 11 September 2016.
- ↑ (af) litnet.co.za: die Nama-taal
- ↑ (en) news24.com: Nama language to be introduced at two Northen Cape Schools[dooie skakel]
- ↑ (en) thenewage.co.za: Schools to introduce Nama Language
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nama.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Nama.