Gaan na inhoud

Marcus Furius Camillus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marcus Furius Camillus

Marcus Furius Camillus was 'n nasionale held van die Romeinse Republiek. Hy was sesmaal konsulêre tribuun, eenmaal sensor en vyfmaal diktator.

Hy het in 429 v.C. in die oorlog teen die Auquii en Volsci gedien. Toe hy met 'n spies in sy dybeen getref word, trek hy dit uit en veg voort.

In 396 word hy diktator om 'n einde te maak aan die beleëring van Veii wat glo al sewe jaar duur. Hy plunder die stad en die stad se Juno-beeld en plaas dit in die tempel van Juno Regina wat hy gebou het. In 391 word hy beskuldig dat hy net 1/10 van die buit van Veii aan Apollo geoffer het, en hy gaan vrywillig in ballingskap. Die volgende jaar val Brennus se Galliërs Rome aan. Camillus kom die stad onverwags te hulp. In 365 het 'n epidemie uitgebreek waarin hy dood is.[1]

Kyk ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. From Polis to Empire, the Ancient World, C. 800 B.C.-A.D. 500: A Biographical Dictionary Andrew G. Traver Greenwood Publishing Group, 2002 ISBN 0313309426, ISBN 9780313309427, bls. 80