Marat Safin
![]() | ||
Marat Safin in 2006 | ||
Volle naam | Marat Mikhailovich Safin | |
---|---|---|
Land | ![]() | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 27 Januarie 1980[1] | |
Geboorteplek | Moskou, Sowjetunie[1] | |
Lengte | 1,93 m[1] | |
Gewig | 88 kg[1] | |
Begin professioneel | 1997[1] | |
Afgetree | 11 November 2009 | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $14 373 291 (soos in 2009)[1] (41ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 422–267 (61,3%)[1] | |
Loopbaantitels | 15[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (20 November 2000)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2005) | |
Franse Ope | HE (2002) | |
Wimbledon | HE (2008) | |
VSA-Ope | W (2000) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | HE (2000, 2004) | |
Olimpiese Spele | 2R (2004) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 96–120 (44,4%)[1] | |
Loopbaantitels | 2[1] | |
Hoogste rang | No. 71 (22 April 2002)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2000, 2009) | |
Franse Ope | 1R (2001) | |
Wimbledon | 3R (2001) | |
Laaste opgedateer op: 23 Februarie 2021. |
Marat Mikhailovich Safin (Russies: Мара́т Муби́нович Са́фин [mɐˈrat mʊˈbʲinəvʲɪtɕ ˈsafʲɪn]; Tataars: Марат Мөбин улы Сафин, Marat Möbin uğlı Safin; gebore 27 Januarie 1980) is ’n voormalige Russiese tennisspeler wat voorheen no. 1 op die wêreldranglys was. Hy is die ouer broer van die tennisspeler Dinara Safina.
Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin en was in November en Desember 2000 nege weke lank tennis se no. 1-manlike speler. Hy het sy eerste Grand Slam-titel in die Amerikaanse Ope van 2000 gewen nadat hy Pete Sampras geklop het. In 2005 se Australiese Ope het hy Lleyton Hewitt geklop. Safin het Rusland in 2002 en 2006 die Davisbeker help wen. Ondanks die feit dat hy nie van grasbane hou nie, was hy in 2008 die eerste Russiese man wat die halfeindstryd op Wimbledon gehaal het.
Safin is tans no. 27 op die amptelik wêreldranglys vir mans. Hy het gesê hy sal heel moontlik ná die 2009-seisoen uit professionele tennis tree.[3]
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Marat Safin is in Moskou, Rusland (Sowjetunie), gebore as die seun van Mikhail Safin en Rauza Islanova, ’n Tataarse Moslem-egpaar. Hy praat vlot Russies, Engels en Spaans. Sy ouers is voormalige tennisspelers en tennisafrigters. Sy jonger suster, Dinara Safina,[4] is ook ’n professionele tennisspeler en het in 2008 ’n silwermedalje op die Olimpiese Spele in Beijing gewen. Safin se pa was bestuurder van die plaaslike Spartak-tennisklub, waar Safin in sy jeug geoefen het saam met verskeie ander spelers soos Anna Kournikova, Elena Dementieva en Anastasia Myskina.
Op 14-jarige ouderdom het hy na Valencia, Spanje, getrek om toegang te verkry tot gevorderde tennisprogramme wat nie in Rusland beskikbaar was nie.[5]
Tennisloopbaan
[wysig | wysig bron]Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin. In 1998 het hy Andre Agassi en die verdedigende kampioen, Gustavo Kuerten, ná mekaar in die Franse Ope geklop.[6]
Wêreld se no. 1 en Grand Slam-geskiedenis
[wysig | wysig bron]Safin was in November en Desember 2000 nege weke lank in die no. 1-posisie op die wêreldranglys toe hy sy eerste Grand Slam-toernooi in die Amerikaanse Ope gewen het deur Pete Sampras in skoon stelle te klop.[4] ’n Paar beserings na mekaar het egter sy vordering belemmer en hy het die grootste deel van die 2003-seisoen misgeloop.[7]
Safin het in nog drie Grand Slam-toernooie die eindronde gehaal – in die Australiese Opes van 2002, 2004 en 2005. Hy het senuagtigheid daarvoor blameer dat hy in 2002 verloor het en fisieke uitputting in 2004.[8] In 2005 het hy Lleyton Hewitt geklop en sy tweede Grand Slam-titel in vyf jaar gewen. Net voor dit het hy die no. 1-gekeurde Roger Federer in die halfeindstryd geklop.[9]
Sy beste prestasie op Wimbledon was om in 2008 die halfeindronde te haal nadat hy vorige jare dikwels in die eerste en tweede rondes uitgeskakel is. Roger Federer het hom egter 6-3, 7-6(4), 6-4 geklop.
ATP-Meesterstoernooi
[wysig | wysig bron]Safin het vyf Meesterstoernooititels in sy loopbaan gewen. Sy eerste was in 2000 in Toronto, Kanada. Die ander was drie in (2000, 2002 en 2004) in Parys, Frankryk, en een in 2004 in Madrid, Spanje.
Meestersbeker
[wysig | wysig bron]
In 2004 het Safin die halfeindronde van die Meestersbekertoernooi in Houston gehaal waar Roger Federer hom 6–3, 7–6(18) geklop het. In 2000 het hy weer die halfeindronde gehaal.
Davisbeker
[wysig | wysig bron]Marat Safin het Rusland in 2002 gehelp om sy eerste Davisbeker te wen deur Frankryk in die eindronde te klop by die Palais Omnisports Paris Bercy. Die Russiese span het Yevgeny Kafelnikov, Mikhail Youzhny, Andrei Stoliarov en die spankaptein, Shamil Tarpischev, ingesluit.[10] In 2006 het Safin Rusland weer die beker help wen.
Geaardheid
[wysig | wysig bron]Safin is bekend vir sy emosionele uitbarstings tydens wedstryde en het al talle rakette stukkend geslaan.[11][12][13] Hy het in 1999 ’n geskatte 48 rakette gebreek.[13] Safin self reken hy het sedert 2005 altesaam 300 gebreek.[4] Hy raas dikwels met homself in Russies, Spaans en Engels oor verlore punte en het al argumente met skeidsregters gehad. Ondanks sy humeur is hy ook bekend vir sy humorsin op die baan, tydens onderhoude en op nuuskonferensies.
Loopbaan-statistieke
[wysig | wysig bron]Grand Slam-enkel-eindrondes (4)
[wysig | wysig bron]Wenner (2)
[wysig | wysig bron]Jaar | Kampioenskap | Teenstander in eindronde | Telling in eindronde |
2000 | Amerikaanse Ope | ![]() |
6–4, 6–3, 6–3 |
2005 | Australiese Ope | ![]() |
1–6, 6–3, 6–4, 6–4 |
Naaswenner (2)
[wysig | wysig bron]Jaar | Kampioenskap | Teenstander in eindronde | Telling in eindronde |
2002 | Australiese Ope | ![]() |
3–6, 6–4, 6–4, 7–6 (4) |
2004 | Australiese Ope | ![]() |
7–6 (3), 6–4, 6–2 |
Grand Slam-rekord
[wysig | wysig bron]Die tabel toon Safin se prestasie tydens elk van die Grand Slam-mansenkelspeltoernooie waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1998 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Ronde 1 | Ronde 4 |
1999 | Ronde 3 | Ronde 4 | Nie deelgeneem nie | Ronde 2 |
2000 | Ronde 1 | Kwarteindstryd | Ronde 2 | Wenner |
2001 | Ronde 4 | Ronde 3 | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
2002 | Eindstryd | Halfeindstryd | Ronde 2 | Ronde 2 |
2003 | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
2004 | Eindstryd | Ronde 4 | Ronde 1 | Ronde 1 |
2005 | Wenner | Ronde 4 | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie |
2006 | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 | Ronde 2 | Ronde 4 |
2007 | Ronde 3 | Ronde 2 | Ronde 3 | Ronde 2 |
2008 | Ronde 2 | Ronde 2 | Halfeindstryd | Ronde 2 |
2009 | Ronde 3 | Ronde 2 | Ronde 1 | Ronde 1 |
Loopbaan-eindrondes
[wysig | wysig bron]Enkelspel (27)
[wysig | wysig bron]Wenner (15)
[wysig | wysig bron]
|
|
No. | Datum | Toernooi | Oppervlak | Teenstander in eindronde | Telling |
1. | 23 Augustus 1999 | Boston, VSA | Hard | ![]() |
6–4, 7–6(11) |
2. | 24 April 2000 | Barcelona, Spanje | Klei | ![]() |
6–3, 6–3, 6–4 |
3. | 1 Mei 2000 | Majorka, Spanje | Klei | ![]() |
6–4, 6–3 |
4. | 31 Julie 2000 | Toronto, Kanada | Hard | ![]() |
6–2, 6–3 |
5. | 28 Augustus 2000 | New York, VSA | Hard | ![]() |
6–4, 6–3, 6–3 |
6. | 11 September 2000 | Tasjkent, Oesbekistan | Hard | ![]() |
6–3, 6–4 |
7. | 6 November 2000 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | ![]() |
2–6, 6–4, 6–4 |
8. | 13 November 2000 | Parys, Frankryk | Mat (i) | ![]() |
3–6, 7–6(7), 6–4, 3–6, 7–6(8) |
9. | 10 September 2001 | Tasjkent, Oesbekistan | Hard | ![]() |
6–2, 6–2 |
10. | 22 Oktober 2001 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | ![]() |
3–6, 6–3, 6–3 |
11. | 28 Oktober 2002 | Parys, Frankryk | Mat (i) | ![]() |
7–6(4), 6–0, 6–4 |
12. | 13 September 2004 | Beijing, China | Hard | ![]() |
7–6(4), 7–5 |
13. | 18 Oktober 2004 | Madrid, Spanje | Hard (i) | ![]() |
6–2, 6–4, 6–3 |
14. | 1 November 2004 | Parys, Frankryk | Mat (i) | ![]() |
6–3, 7–6(5), 6–3 |
15. | 17 Januarie 2005 | Melbourne, Australië | Hard | ![]() |
1–6, 6–3, 6–4, 6–4 |
Naaswenner (12)
[wysig | wysig bron]No. | Datum | Toernooi | Oppervlak | Teenstander in eindronde | Telling |
1. | 7 November 1999 | Parys, Frankryk | Mat (i) | ![]() |
7–6, 6–2, 4–6, 6–4 |
2. | 21 Mei 2000 | Hamburg, Duitsland | Klei | ![]() |
6–4, 5–7, 6–4, 5–7, 7–6 |
3. | 20 Augustus 2000 | Indianapolis, VSA | Hard | ![]() |
3–6, 7–6, 7–6 |
4. | 4 Februarie 2001 | Doebai, VAE | Hard | ![]() |
6–2, 6–3 |
5. | 27 Januarie 2002 | Melbourne, Australië | Hard | ![]() |
3–6, 6–4, 6–4, 7–6 |
6. | 19 Mei 2002 | Hamburg, Duitsland | Klei | ![]() |
6–1, 6–3, 6–4 |
7. | 27 April 2003 | Barcelona, Spanje | Klei | ![]() |
5–7, 6–2, 6–2, 3–0 onttrek |
8. | 1 Februarie 2004 | Melbourne, Australië | Hard | ![]() |
7–6, 6–4, 6–2 |
9. | 18 April 2004 | Estoril, Portugal | Klei | ![]() |
6–7, 6–3, 6–3 |
10. | 12 Junie 2005 | Halle, Duitsland | Gras | ![]() |
6–4, 6–7, 6–4 |
11. | 9 Oktober 2006 | Moskou, Rusland | Hard (i) | ![]() |
6–4, 5–7, 6–4 |
12. | 4 Oktober 2008 | Moskou, Rusland | Hard (i) | ![]() |
7–6(6), 6–7(4), 6–3 |
Dubbelspel
[wysig | wysig bron]Wenners (2)
[wysig | wysig bron]No. | Datum | Tooernooi | Oppervlak | Maat | Teenstanders in eindronde | Telling |
1. | 2001 | Gstaad, Switserland | Klei | ![]() |
![]() ![]() |
0–1, onttrek. |
2. | 2007 | Moskou, Rusland | Mat | ![]() |
![]() ![]() |
6–4, 6–2 |
Naaswenners (4)
[wysig | wysig bron]No. | Datum | Tooernooi | Oppervlak | Maat | Teenstanders in eindronde | Telling |
1. | 1999 | Moskou, Rusland | Mat | ![]() |
![]() ![]() |
6–2, 6–1 |
2. | 2001 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | ![]() |
![]() ![]() |
7–5, 6–4 |
3. | 2002 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | ![]() |
![]() ![]() |
7–6, 6–3 |
4. | 2005 | Halle, Duitsland | Gras | ![]() |
![]() ![]() |
7–5, 6–7, 6–3 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Marat Safin
- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 (en) "Player profile – Marat Safin". ATP World Tour. Besoek op 23 Februarie 2021.
- ↑ (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 22 Februarie 2021. Besoek op 23 Februarie 2021.
- ↑ http://news.yahoo.com/s/afp/20090123/wl_asia_afp/tennisopenausfederer_20090123203417[dooie skakel]
- ↑ 4,0 4,1 4,2 (en) Lieber, Jill (27 April 2005). "Safin tries to hold serve with emotions, career". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2012. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ (en) Roberts, John (25 Junie 2001). "Why Safin looks green on grass". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2008. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ U.S. OPEN: NOTEBOOK; After Teen-Agers Play, Talk Is of Top 10 Futures
- ↑ (en) Lyon, Karen (19 Januarie 2003). "Safin out with sore wrist". The Age. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ Federer toys with Safin in Australian Open final
- ↑ (en) Williams, Daniel (11 Januarie 2007). "Australian Open Preview". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2013. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ (en) Alvanipour, Sarah (11 Januarie 2007). "Safin Gets Serious – Almost". Tennis magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2009. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ (en) "Safin on mooning crowd: 'What's bad about it?'". ESPN. 28 Mei 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2015. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ (en) Clarke, Liz (29 Mei 2004). "Safin Drops a Shot, And Then His Pants". The Washington Post. Besoek op 2 Maart 2008.
- ↑ 13,0 13,1 (en) "Safin could be a Wimbledon smash". BBC. 22 Junie 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 2 Maart 2008.
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Marat Safin. |
- (en) Amptelike webtuiste Geargiveer 11 November 2006 op Wayback Machine
- (en) Marat Safin se ATP-profiel
- (en) Marat Safin se ITF-profiel
- (en) Marat Safin in die Internet-rolprentdatabasis