Kerkrade
Kerkrade | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Kasteel Erenstein | |
Ligging van Kerkrade-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 50°51′53″N 6°03′38″O / 50.86472°N 6.06056°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Jos Som (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 22,17 km2 (8,56 vk. myl) |
• Land | 21,93 km2 (8,47 vk. myl) |
• Water | 0,24 km2 (0,09 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 47 226 |
• Digtheid | 2 153/km2 (5 576,2/vk. myl) |
Poskode | 6460-6471 |
Skakelkodes | 045 |
Webwerf | www.kerkrade.nl |
Kerkrade (Ripuaries: Kirchroa, Limburgs: Kèrkrao(j) of Kirkrao, Duits: Kirchrath) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale grens. Die munisipale gebied het sowat 47 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 22 km². Kerkrade is in drie wyke verdeel: Kerkrade-West, Kerkrade-Noord en Kerkrade-Oost.
Kerkrade het 'n professionele sokkerspan: Roda JC.
Saam met die Duitse buur-munisipaliteit Herzogenrath vorm Kerkrade die simboliese Europastad Eurode.
In Kerkrade en Herzogenrath word Kerkraads gepraat, wat 'n variant van die Ripuariese dialek is, maar deur die Kerkrade se inwoners as 'n variant van die Limburgse dialek beskou word.
Plekke
[wysig | wysig bron]Plekke in die munisipale gebied van Kerkade:
Bleijerheide, Chevremont, Erenstein, Eygelshoven-Kom, Gracht, Haanrade, Heilust, Holz, Hopel, Kaalheide, Kerkrade-Centrum, Mucherveld, Nulland, Rolduckerveld, Spekholzerheide, Terwinselen, Vink en Waubacherveld.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Ralf Krewinkel (1974), politikus
- Heintje Simons (1955), sanger
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Kerkrade. |