Graskop
Voorkoms
Graskop | |
---|---|
Winkels in die hoofstraat van Graskop. | |
Koördinate: 24°55′54″S 30°50′30″O / 24.93167°S 30.84167°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Thaba Chweu |
Stigting | 1880 |
Oppervlak | |
• Totaal | 35,01 km2 (13,52 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 996 |
• Digtheid | 114/km2 (300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 22.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 13.0% |
• Swart mense | 61.2% |
• Ander | 2.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 29.4% |
• Noord-Sotho | 22.0% |
• Sotho | 14.8% |
• Engels | 10.9% |
• Ander | 22.8% |
Poskode (strate) | 1270 |
Poskode (posbusse) | 1270 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | http://www.graskop.co.za |
Graskop is 'n dorp in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Sabie is 25km suid van Graskop.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie het in 1880 as 'n goudmynkamp ontstaan het, maar het intussen tot 'n beduidende sentrum van die bosbedryf ontwikkel. Daar is heelwat plantasies en ook saagmeulens in die omgewing. Die delwerye was op die plaas Graskop van Abel Erasmus. Vandag is al die goudmyne gesluit.
Omgewing
[wysig | wysig bron]Graskop is op die Drakensberg-platorand geleë en staan ook bekend as die "rand van die Laeveld". Die dorp is deel van die Panoramaroete. Danksy sy ligging van sowat 1 400 meter bo seevlak het Graskop 'n gematigde klimaat met baie reënval, terwyl daar gedurende die somermaande ook dikwels mis voorkom.
-
Kolkgate by Bourke's Luck naby Graskop.
-
Die Berlynwaterval naby Graskop.
-
Die naald naby Graskop.
-
"God's Window" naby Graskop.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Graskop". Sensus 2011.