Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die nasionale vlag van Nederland verteenwoordig die eenheid en onafhanklikheid van die hele Koninkryk van die Nederlande. Die rooi-wit-blou word sowel op land asook op see gebruik as burgerlike vlag, staatsvlag (diensvlag) en oorlogsvlag. Die Nederlandse vlag is ’n driekleur en bestaan uit drie ewe groot horisontale bane in rooi, wit en blou. In die vlagontwerp van die Ministerie van Algemene Sake word die kleure bepaal as helder vermiljoen, helder wit en kobaltblou. In die normblad 3055 word hierdie kleure in Internasionale Beligtingskommissie-koördinate gespesifiseer. Dié kleure kan nie regstreeks in Pantone-kodes omgereken word nie, sodat verskillende waardes vir laasgenoemde gebruik word. Vir die vlagverhouding is daar geen regulasies nie. In die niegoedgekeurde 1937-vlagwet is die verhouding tussen hoogte en lengte bepaal as 2:3 en oor die algemeen word dié verhouding steeds gebruik. Die drie bane is ewe groot. Die huidige ontwerp het sy oorsprong in die 16de-eeuse oranje-wit-blou “Prinsevlag” (Nederlands: Prinsenvlag) wat in die vroeë 17de eeu in die rooi-wit-blou “Staatsvlag” (Statenvlag) ontwikkel het, die vlootvaandel van die Stategeneraal van die Nederlandse Republiek, waarmee die Nederlandse vlag die oudste driekleur is wat aaneenlopend gebruik word. Aangesien die vlag die oorgang van ’n monargie na ’n republiek verteenwoordig, was dit ’n voorbeeld in die ontwerp van die vlag van Rusland en, ná die Franse Rewolusie in 1789, die vertikaal gestreepte vlag van Frankryk gedien; albei vlae het op hul beurt baie ander vlagontwerpe beïnvloed. Tydens die ekonomiese krisis van die 1930’s het die ou Prinsevlag met die kleur oranje ’n mate van gewildheid onder sommige mense verwerf, waaronder Protestante, orangiste, konserwatiewe liberale, fasciste, en ander. Om dié verwarring te beëindig, is op 19 Februarie 1937 die kleure rooi, wit en blou en sy amptelike status as die nasionale vlag van die Koninkryk van die Nederlande deur ’n koninklike besluit herbevestig.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat varke uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as die meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel. ... dat daar in Suid-Afrika twee plaaslike munisipaliteite met presies dieselfde naam is? Hulle is Emalahleni in Mpumalanga en Emalahleni in die Oos-Kaap. eMalahleni is ook die amptelike naam van Witbank. ... dat daar sedert 30 Januarie 2017 'n gemeenskaplike landgrens tussen die Afrika-unie en die Europese Unie is? Die twee klein eksklawes Ceuta en Melilla van die EU-lidland Spanje grens aan die AU-lidland Marokko. ... dat Pretoriabrug 'n hefbrug in Ottawa, Kanada is? Dit is vernoem na Pretoriastraat wat in 1902 van Janestraat hernoem is om die Britse oorwinning in die Anglo-Boereoorlog te vier. ... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal.
![]() Vandag in die geskiedenis
30 Maart: Landdag in Palestynse gemeenskappe (1976). ![]()
Voorbladbeeld
Twee Oostelike lummelsprinkane (Romalea microptera) besig om te paar in die Suidelike Verenigde State. Foto-erkenning: www.birdphotos.com |
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|