Donald II
Donald II | |
---|---|
Koning van Alba | |
’n 18de-eeuse voorstelling van Donald II. | |
Dinastie | Huis van Alpin |
Bewind | 889-900 |
Volle naam | Domnall mac Causantín |
Gebore | Omstreeks 860 |
Gesterf | 900 |
Iona | |
Voorganger | Giric |
Opvolger | Konstantyn II |
Kinders | Malcolm I |
Vader | Konstantyn I |
Domnall mac Causantín (Skots-Gaelies: Dòmhnall mac Chòiseim; omstreeks 860-900), bekend as Donald II, was in die laat 9de eeu koning van Alba. Hy was die seun van Konstantyn I en het die bynaam Dásachtach, "die Waansinnige ", gehad.[1]
Lewe
[wysig | wysig bron]Donald het die troon bestyg ná die dood of afsetting van Giric; die datum is nie heeltemal seker nie, maar dit was omstreeks 889. Volgens die Kronieke van die Koning van Alba was hy 11 jaar lank koning, van 889 tot 900. Die Nordiërs het Piktland in dié tyd verwoes. Tydens sy bewind het ’n veldslag plaasgevind tussen Dene en Skotte by Innisibsolian, wat die Skotte gewen het. Donald is by Opidum Fother (die moderne Dunnottar) gedood.[2]
Sommige glo hy is deur Gaele vermoor, eerder as Nordiërs, terwyl ander berig hy is by Forres dood.[3] Hy is op die eiland Iona, Binne-Hebride, begrawe.
Die Kronieke van die Konings van Alba plaas Donald net voor sy neef Konstantyn II. Sy seun, Malcolm, het later die troon bestyg as Malcolm I.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ ESSH, p. 358; Kelly, Early Irish Law, pp. 92–93 & 308: "The dásachtach is the person with manic symptoms who is liable to behave in a violent and destructive manner." The dásachtach is not responsible for his actions. The same word is used of enraged cattle.
- ↑ ESSH, pp. 395–397.
- ↑ ESSH, pp. 395–398.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- CELT: Teks by University College Cork, onder meer van die Annale van Ulster, die Chronicon Scotorum en stambome
- Kronieke van die Knings van Alba Geargiveer 6 Junie 2007 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia