Gaan na inhoud

Curtiss-Wright C-46 Commando

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Curtiss-Wright C-46 Commando
'n C-46 Commando uit die oorlogtyd
Tipe Vragvliegtuig
Vervaardiger Curtiss-Wright

Higgins Aircraft

Nooiensvlug 26 Maart 1940
Bekendstelling 1941
Onttrek Steeds in gebruik.
Hoofgebruiker United States Army Air Forces

Amerikaanse Vloot
Amerikaanse Lugmag
Amerikaanse Marinierskorps

Vervaardig 1940–1945
Aantal gebou 3 181

Die Curtiss C-46 Commando is 'n twee motorige, laevlerk vragvliegtuig wat ontwikkel is uit die Curtiss CW-20 drukkajuit, hoë-hoogte vliegtuig ontwerp. Aanvanklik het die pers na die vliegtuig verwys as die "Condor III" maar die naam Commando was reeds in 1942 deur die maatskappy gebruik.[1]Die vliegtuig was hoofsaaklik vir vrag gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog met opvou sitplekke vir militêre gebruik en sommige is gebruik om valskermsoldate te vervoer. Die vliegtuig was hoofsaaklik gebruik deur die United States Army Air Forces en dit is ook gebruik in die Amerikaanse Vloot en Amerikaanse Marinierskorps. Laasgenoemde het dit die R5C genoem. Die C-46 het dieselfde rol vervul as sy Douglas-geboude eweknie, die Douglas C-47 Skytrain. Daar was ongeveer 3,200 C-46's vervaardig teenoor die 10,200 C-47's.

Na die Tweede Wêreldoorlog is 'n paar oortollige C-46-vliegtuie kortstondig in hul oorspronklike rol as passasiersvliegtuie gebruik, maar die oorvloed van oortollige C-47's het die mark oorheers en die C-46 is spoedig na vragdiens verskuif. Die vliegtuig was nog steeds in Amerika gebruik in 'n sekondêre rol tot 1968. Die C-46 bly in werking as 'n robuuste vragvervoer vir arktiese en afgeleë plekke met sy lewensduur verleng tot in die 21ste eeu.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Aeronautical Engineering Review, 1942 Vol 1, p. 50.
  2. Love 2003, pp. 46–47.