Centriscidae
Voorkoms
Centriscidae | |
---|---|
Garnaalvisse, Aeoliscus strigatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Centriscidae
|
Subfamilies | |
Centriscinae |
Die Garnaalvisse (Centriscidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Syngnathiformes behoort. Daar is twee genera met vier spesies in hierdie familie. Een van die soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie se lywe is lank en plat, soos 'n lemmetjie. Die rug is gebuig sodat die dorsale vin in die plek van die stertvin is en die stertvin is laer af, amper waar die anale vin normaalweg is. Die familie het geen tande in die mond nie. Die maksimum grootte is 16 cm.
Genera
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en gepaardgaande spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Aeoliscus
- Aeoliscus punctulatus - Garnaalvis
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7