Canon EF-S 55–250mm lens
Die Canon EF-S 55–250mm f/4-5.6 IS lense is 'n reeks van telezoemlense vir Canon EOS digitale enkellensreflekskameras met 'n Canon EF-S lenspassing.
Al die weergawes van die lens bied 'n 35 mm-ekwivalente fokusafstand van 88–400mm, en word deur Canon geadverteer om oor vierstopbeeldstabilisering te beskik. Verder het dit 'n hoë maksimumvergrotingverhouding vir 'n nie-makrolens.
Die eerste lens is in Amerika vrygestel teen middel-April 2008 teen 'n kleinhandelprys van VS$255, en bemark as 'n metgesel vir die Canon EF-S 18–55mm IS-lens.
Die Merk II weergawe van die lens is in Junie 2011 aangekondig, identies aan die spesifikasies van die vorige weergawe en met presies dieselfde optika en IS-stelsel, maar met 'n hersiene buiteontwerp.[1]
In Augustus 2013 is 'n nuwe weergawe van die lens aangekondig, met 'n hersiene optiese formule en Canon se STM (stapmotor) tegnologie. Hierdie lens het kleinhandelaars in September 2013 bereik teen 'n verkoopsprys van VS$350.[2][3]
Spesifikasies
[wysig | wysig bron]Eienskap | f/4–5.6 IS | f/>4–5.6 IS II | f/4–5.6 IS STM |
---|---|---|---|
Illustrasie → | |||
Sleutelfunksies | |||
Volraam versoenbaar | Nee | ||
Beeldstabiliseerder | Ja | ||
Omgewingsverseëling | Nee | ||
Ultrasoniese Motor | Nee | ||
Stapmotor | Nee | Ja | |
L-reeks | Nee | ||
Diffraksie Optika | Nee | ||
Makro | Nee | ||
Zoemsluiter | Nee | ||
Tegniese data | |||
Fokusafstand (maks/min) | 55–250mm (35 mm ekwivalent van 88–400mm) | ||
Lensopening (maks/min) | f/4–5.6 / f/22–32 | ||
Konstruksie | 12 elemente / 10 groepe | 15 elemente / 12 groepe | |
Aantal diafragmalemme | 7 (vorm 'n sirkelopening) | ||
Kortste fokusafstand | 1.1 m (3.61 vt) | 0.81 m (2.79 vt) | |
Maks. vergroting | 0.31x | 0.29x | |
Horisontale sighoek | 23°20'–5°20' | ||
Vertikale sighoek | 15°40'–3°30' | ||
Diagonale sighoek | 27°50'–6°15' | ||
Fisiese data | |||
Massa | 390 g (13.75 oz) | 375 g (13.2 oz) | |
Maksimum diameter | 70 mm (2.76") | ||
Lengte | 108 mm (4.25") | 111.2 mm (4.7") | |
Filterdiameter | 58mm | ||
Bybehore | |||
Lenskissie | LP1019 | ||
Lenskappie | ET-60 | ET-63 | |
Kleinhandelinligting | |||
Vrygestel in | November 2007 | Julie 2011 | Augustus 2013 |
Tans in produksie? | Nee | Ja | |
± Verkoopsprys in VS$ | $255.00 | $299.99 | $349.99 |