Argentynse nasionale sokkerspan
Voorkoms
Argentinië | |||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Argentynse nasionale sokkerspan | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bynaam/me | La Selección La Albiceleste | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigter | Lionel Scaloni | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kaptein | Lionel Messi | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | CONMEBOL | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Argentynse nasionale sokkerspan, bekend as La Albiceleste (Die Wit-en-Bloues), is die verteenwoordigende sokkerspan van Argentinië en word bestuur deur die Argentynse Sokkervereniging (Asociación del Fútbol Argentino). Argentinië is een van die suksesvolste spanne in die wêreld en het die FIFA Wêreldbeker drie keer gewen (in 1978, 1986 en 2022). Die span het ook talle Copa América-titels gewen en het deur die jare sokkerlegendes soos Diego Maradona en Lionel Messi opgelewer. Hul tuisstadion is die Estadio Monumental in Buenos Aires, en die span speel in 'n kenmerkende wit-en-blou gestreepte trui.[1][2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Tras la conquista de Argentina en la Copa América, así quedó la tabla histórica de títulos de las selecciones del mundo". infobae (in Spaans). 14 Julie 2024. Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ Ritchie, Calum (1 Junie 2024). "The 10 most successful nations in football history ranked by major trophies won". GiveMeSport (in Engels). Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ "Top five nations with most major international football trophies". Khel Now (in Engels (VSA)). Besoek op 12 Augustus 2024.
Siek ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Argentynse nasionale sokkerspan.