1654
Voorkoms
1654 |
◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1649 | 1650 | 1651 | 1652 | 1653 | ◄ 1654 ► | 1655 | 1656 | 1657 | 1658 | 1659 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1654 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1654 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 54ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Begin van sitrusverbouing in Suid-Afrika: Die Hollandse skip Tulp kom met 'n paar lemoen- en suurlemoenbome aan boord by die Kaap die Goeie Hoop aan. Die bome word in die Kompanjiestuin in Kaapstad en op kommandant Jan van Riebeeck se plaas geplant.
- Die eerste Atlas van Skotland word uit Latyn in Engels vertaal. Die atlas bestaan uit 49 kaarte en 154 bladsye van beskrywende teks.
- Die Nederlanders word deur die Portugese uit Brasilië verdryf.
- 5 April – Ondertekening van die verdrag van Westminister wat die einde beteken van die Engelse-Nederlandse Oorlog.
- 13 April – Pous Innocentius X bevestig die verering (cultus confirmatus) van Sint Bernardine van Feltre.
- 3 Junie – Lodewyk XIV van Frankryk word gekroon in Rheims.
- 6 Junie – Karl X van Swede volg sy niggie Christina wat oorskakel van Protestantse na Rooms-Katolieke geloof.
- 7 Desember – Pietro Vito Ottoboni (Later Pous Alexander VIII) word biskop van Brescia.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 9 Januarie – Philippe van Dievoet, Belgiese goudsmid van koning Lodewyk XIV († 1738)
- 10 Januarie – Joshua Barnes, Engelse student († 1712)
- 20 Januarie – Michiel de Swaen, Nederlandse snydokter († 1707).
- 22 Januarie – Richard Blackmore, Engelse medikus en skrywer († 1729)
- 16 Maart – Andreas Acoluthus, Duitse oriëntalis
- 4 Mei – Keiser Kangzi van China († 1722)
- 23 Junie – Richard Onslow, Engelse politikus
- 9 Julie – Keiser Reigen van Japan
- 27 Desember – Jacob Bernoulli, Switserse wiskundige en wetenskaplike († 1705).
- Onbekend – Maurits Pasques de Chavonnes, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1724).
- Onbekend – Pierre Varignon, 'n Franse wiskundige († 1722).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 17 Januarie – Paulus Potter, Nederlandse skilder
- 18 Februarie – Jean-Louis Guez de Balzac, Franse skrywer
- 24 Maart – Samuel Scheidt, Duitse komponis
- 10 Junie – Alessandro Algardi, Italiaanse beeldhouer en argitek
- 9 Julie – Ferdinand IV van Duitsland
- 28 Augustus – Axel Oxenstierna, Kanselier van Swede
- 31 Augustus – Ole Worm, Deense medikus
- 7 September – Yom-Tov Lipmann Heller, Boheemse rabbi en digter
- 12 Oktober – Carel Fabritius, Duitse kunstenaar
- 30 Oktober – Keiser Go-Komyo van Japan
- 30 November – John Selden, Engelse jurielid
- 5 Desember – Jean Francois Sarrazin, Franse skrywer