Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Pieter I Aleksejewitsj (Russies: Пётр I Алексеевич; Moskou, 9 Junie [O.S. 30 Mei] 1672 - Sint Petersburg, 8 Februarie [O.S. 28 Januarie] 1725), ook genoem Pieter die Grote, was van 1682 tot 1721 tsaar en tot 1725 die eerste keiser van Rusland. Tot in 1696 het hy saam met sy halfbroer Iwan V regeer. Daarna was hy die absolute monarg, 'n outokraat wat die uiteindelike gesag gebly en 'n goed georganiseerde, ordelike polisiestaat op die been gebring het. Die grootste deel van sy bewind is deur lang oorloë teen die Ottomaanse en Sweedse Ryk in beslag geneem. Ondanks aanvanklike probleme was die oorloë eindelik geslaagd en het dit gelei tot die land se uitbreiding tot by die See van Azof en die Oossee. Daarmee is die basis geskep vir Rusland as 'n vlootmag. Sy oorwinning in die Groot Nordiese Oorlog het die tydperk van Swede as 'n groot mag en sy oorheersing van die Baltiese streek beëindig, terwyl dit Rusland se status so verhoog het dat dit bekend geword het as die Russiese Ryk. Pieter het 'n kultuurrewolusie gelei wat sommige van die tradisionele en Middeleeuse sosiale en politieke stelsels vervang het met moderne, wetenskaplike, verwesterde stelsels wat op die radikale Verligting geskoei was. In Desember 1699 het hy die Juliaanse kalender ingestel, en dit het die Bisantynse kalender vervang wat lank in Rusland gebruik is. Die Russies-Ortodokse Kerk het egter dié verandering teengestaan. In 1703 het Pieter die eerste Russiese koerant, Sankt-Peterboergskije Wedomosti, gestig en opdrag gegee vir 'n hervorming van die Russiese alfabet, wat hy grootliks alleen ontwerp het. Aan die oewers van die Newarivier het hy Sint Petersburg laat bou, 'n stad wat deur die Italiaanse filosoof Francesco Algarotti "die venster op die Weste" genoem is. In 1714 het Pieter Rusland se hoofstad van Moskou na Sint Petersburg geskuif, 'n status wat dit tot in 1918 behou het. Pieter het 'n groot belangstelling getoon in plante, diere en minerale, in misvormde wesens of uitsonderings op die natuurwette. Hy het navorsing oor misvorming aangemoedig en 'n einde gebring aan die bygelowige vrees vir monsters. Hy het nywerhede en hoër onderwys in Rusland bevorder. Die Russiese Wetenskapakademie en die Universiteit van Sint Petersburg is in 1724 gestig. Pieter kry hoofsaaklik die krediet vir die modernisering van die land. Hy het dit vinnig in 'n groot Europese mag omskep. Sy administratiewe hervormings, veral die regerende Senaat wat in 1711 gestig is, die staatsdepartemente van 1717 en die Tabel van Range in 1722, het 'n blywende invloed op Rusland gehad, en baie instellings van die Russiese regering kan hulle ontstaan na sy bewind terugspeur.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat die Skewe Toring van Pisa nooit regop gestaan het nie? Kort nadat met die bou van die toring begin is, het die fondament oneweredig gesink. Die bouwerk is stopgesit en eers 100 jaar later hervat, maar die gebou het skeef bly staan. ... dat Kiribati die enigste land op aarde is wat in al die vier hemisfere streek: die Noordelike, Suidelike, Westelike en Oostelike halfronde. Daarbenewens is dit een van die eerste bewoonde gebiede om die nuwejaar te vier. ... dat daar 'n dorpie in die Spaanssprekende Venezuela is waar Duits gepraat word en koekoekklokke gemaak word? Colonia Tovar het 'n groot aantal nasate van immigrante van die 19de eeu uit die Kaiserstuhl-gebied in Duitsland. ... dat Wikings reeds 500 jaar voor Christopher Columbus Amerika ontdek het? Hulle het 'n nedersetting by L'Anse aux Meadows op Newfoundland eiland in Kanada gevestig. ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese.
![]() Vandag in die geskiedenis
![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|