Tupac Shakur
Tupac Amaru Shakur (16 Junie 1971 – 13 September 1996), onder sy verhoognaam bekend as 2Pac (of eenvoudig Pac) en Makaveli, was 'n Amerikaanse kletskunstenaar. Meer as 75 miljoen van Shakur se plate is al wêreldwyd verkoop,[1] wat hom een van die kommersieel suksesvolste musiekkunstenaars ter wêreld maak. Rolling Stone Magazine het hom as die 86ste Grootsste Kunstenaars van Alle Tye benoem.[2]
Tupac Shakur | |
---|---|
Tupac-graffiti in New York | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Tupac Amaru Shakur |
Ook bekend as | 2Pac, Pac, Makaveli, MC New York |
Gebore | 16 Junie 1971 New York Stad, New York (VSA) |
Oorsprong | Marin City, Kalifornië |
Sterf | 13 September 1996 (op 25) Las Vegas, Nevada (VSA) |
Genres | Hip hop |
Beroep(e) | Rapper, akteur, rekordprodusent, digter, draaiboekskrywer, aktivis, skrywer |
Jare aktief | 1988-1996 |
Etikette | Death Row, Interscope |
Assosiasies | Outlawz, Thug Life, Danny Boy, Digital Underground, Dr. Dre, Johnny "J", Ice Cube, Nate Dogg, The Notorious B.I.G., Snoop Dogg |
Webwerf | www.2Pac.com |
Nie-net was Shakur 'n topverkopende kletskunstenaar nie, want daarbenewens was hy ook akteur[3] en sosiale aktivis. Die meeste van Shakur se lirieke handel oor grootword tussen die geweld en swaarkry in die ghetto's, rassisme, probleme met die samelewing en konflikte met ander kletskunstenaars tydens die Ooskus-Weskus-hiphopwedywer. Shakur was aanvanklik 'n toergesel en agtergronddanser vir die alternatiewe hiphopgroep Digital Underground.[4][5][6]
Geweld was 'n tema nie net in sy kuns nie, maar ook in sy lewe. In November 1993 is hy van seksuele aanranding aangekla en is hy gevolglik 'n een-en-'n-half tot vier-en-'n-half jaar tronkstrafvonnis opgelê.[7] Op 7 September 1996 is Shakur in Las Vegas in Nevada geskiet. Hy is na die Universiteit van Nevada se mediese sentrum geneem waar hy aan long- en hartversaking op 13 September oorlede is.[8]
Verwysings
wysig- ↑ Goldman, Lea; Paine, Jake (29 Oktober 2007). "Top-Earning Dead Celebrities: 8. Tupac Shakur". Forbes. Forbes.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|lastauthoramp=
geïgnoreer (hulp); Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ Rolling Stone Magazine: 100 Greatest Artists of All Time Geargiveer 23 Mei 2012 op Wayback Machine. Besoek op 22 Junie 2010.
- ↑ Growing Tupac's Legacy, 10 Years After His Death : NPR Music.
- ↑ Tupac Shakur – Thug Angel (The Life of an Outlaw).
- ↑ Tupac Shakur – hotshotdigital.com.
- ↑ Edwards, Paul, 2009, How to Rap: The Art & Science of the Hip-Hop MC, Chicago Review Press, bl. 330.
- ↑ "Tupac Shakur, 25, Rap Performer Who Personified Violence, Dies". Streetgangs.com. 14 September 1996. Besoek op 24 Julie 2010.[dooie skakel]
- ↑ Tupac Shakur's death certificate details Geargiveer 23 Mei 2012 op Wayback Machine reported by Cathy Scott. Besoek op 5 Oktober 2007.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tupac Shakur.
- (en) 2Pac Legacy