Viëtkong
Die Viëtkong (Viëtnamees: Việt Cộng (VC) , ook bekend as die Nasionale Bevrydingsfront (NLF), was 'n politieke massa-organisasie in Suid-Viëtnam en Kambodja met sy eie weermag - die Volksbevrydings Gewapende Magte van Suid-Viëtnam (PLAF) - wat tydens die Viëtnamoorlog teen die Verenigde State en Suid-Viëtnamese regerings geveg het, en uiteindelik aan die wenkant uitgekom het.[1] Dit het beide guerrilla- en staande weermag-eenhede gehad, sowel as 'n netwerk van kaders wat kleinboere georganiseer het in die gebied wat hulle beheer het. Baie soldate is in Suid-Viëtnam gewerf, maar ander was verbonde aan die People's Army of Vietnam (PAVN), die staande Noord-Viëtnamese leër. Tydens die oorlog het kommuniste en anti-oorlogsaktiviste aangedring dat die Viëtkong 'n insurgensiegroep inheems aan die Suide was, terwyl die VSA en Suid-Viëtnamse regerings die groep as 'n instrument van Noord-Viëtnam uitgebeeld het.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Noord-Viëtnam het die Nasionale Bevrydingsfront op 20 Desember 1960 gestig om in die suide opstand aan te moedig. Baie van die Viëtkong se kernlede was vrywilligers veral oud suidelike Việt Minh-lede wat hulle in die noorde hervestig het na die Genève-ooreenkoms (1954). Hanoi het die rekrute militêre opleiding gegee en hulle in die vroeë 1960's terug na die Suide al langs die Hồ Chí Minh-roete gestuur. Die NLF het Suid-Viëtnamese versoek om die "gekamoefleerde koloniale regime van die Amerikaanse imperialiste omver te werp" en "pogings tot die vreedsame eenwording" te maak.
Die PLAF se bekendste aksie was die Tết Offensief, 'n reuse-aanval op meer as 100 Suid-Viëtnamese stedelike sentrums in 1968, insluitend 'n aanval op die Amerikaanse ambassade in Saigon.[2] Die offensief het die aandag van die wêreldmedia vir weke gefokus, maar het ook die Viëtkong ooreis. Twee verdere offensiewe is in sy nasleep geloods, die mini-Tết en die Augustus-offensief. In 1969 het die Viëtkong die Voorlopige Revolusionêre Regering van die Republiek van Suid-Vietnam gestig, 'n skadu-regering in Suid-Viëtnam wat bedoel gehad het om dié organisasie op wêreldvlak te verteenwoordig en onmiddellik deur die kommunistiese blok erken te word en diplomatieke bande met lede van die Beweging van Onverbonde Lande aan te knoop. Latere kommunistiese offensiewe operasies is hoofsaaklik deur nuwe gemeganiseerde PAVN-magte uitgevoer, aangesien die vermoë van die Viëtkong om onder die Suid-Viëtnam bevolking te werf, meer beperk was. Die Viëtkong het 'n aktiewe militêre en politieke front gebly. Die organisasie is in 1976 ontbind toe Noord-en Suid-Viëtnam amptelik verenig is onder 'n kommunistiese regering en Viëtnam as 'n enkele staat te vorm.
Bevelstruktuur en metodologie
[wysig | wysig bron]Politieke en militêre organisasie van die Viëtkong was kompleks, met 'n reeks goed opgestelde, oorvleuelende netwerke, komitees en organisasies.[3] Materieële hulp is hoofsaaklik verskaf deur die gevestigde, vindingryke Hồ Chí Minh-roete wat die mees volgehoue bombarderingsveldtog in die geskiedenis oorleef het terwyl die oorlogspoging voortdurend uitgebrei was.[4][5] Hulle het verder 'n komplekse insurgensie oorlogvoeringmetode ontwikkel wat in staat was om oorweldigende getalle en tegnologie suksesvol teen te staan. Daardeur het hulle die strategiese inisiatief gedurende 'n groot deel van die oorlog behou.[6] Volgens die Pentagon-dokumente is 90% van die groot gevegte deur die PAVN/ Viëtkong geïnisieer en 80% was goed beplande VC-bedrywighede deur die grootste deel van die oorlog.[6] So vroeg as 1966 het Amerikaanse Amerikaanse minister van verdediging, Robert McNamara, twyfel uitgespreek oor die VSA se vermoë om die oorlog te wen.[7][8]
In die stryd in Suid-Viëtnam was die kommunistiese magte sedert 1958 onder 'n enkele Noord-Viëtnam beheerde bevelstruktuur.[9] Die hoofkwartier van die Viëtkong, gebaseer naby Memot, het bekend gestaan as die Sentrale Kantoor vir Suid-Viëtnam of COSVN en deur sy Suid-Viëtnamse eweknieë beskou as 'n byna-mitiese "bamboes Pentagon" waaruit die Viëtkong se hele oorlogspoging gerig is. Vir amper 'n dekade het die misterieuse COSVN-hoofkwartier, wat die hele oorlogspoging van die Viëtkong bestuur het, die teiken van die RVN / VSA-oorlogspoging gewees, en die vernietiging daarvan sou die opstand kon laat ineenstort. Amerikaanse en Suid-Viëtnamese Spesiale Magte wat gestuur is om hulle te buit, is gewoonlik baie vinnig gedood of het teruggekeer met swaar ongevalle tot die punt wat spanne geweier het om te gaan.[10] Daaglikse B-52-bomaanvalle het nie die leierskap tydens Operation Menu doodgemaak nie, alhoewel die area rondom platgevee is. Sowjet-bote kon COSVN waarsku, wat die data oor spoed, hoogte en rigting van aanvalle gebruik het om weg te beweeg en ook ondergronds te beweeg.[10]
Bronne
[wysig | wysig bron]• U.S. Senate Judiciary Committee, The Human Cost of Communism in Vietnam (1972), part I, part II, part III, and part IV.
• Marvin Gettleman, et al. Vietnam and America: A Documented History. Grove Press. 1995. ISBN 0-8021-3362-2.
• Truong Nhu Tang. A Việt Cộng Memoir. Random House. ISBN 0-394-74309-1. 1985. Sien Hoofstuk 7 oor die stigting van die Viëtkong en Hoofstuk 21 oor die kommunistiese oorname in 1975.
• Frances Fitzgerald. Fire in the Lake: The Vietnamese and the Americans in Vietnam. Boston: Little, Brown and Company, 1972. ISBN 0-316-28423-8. Sien Hoofstuk 4. "The National Liberation Front".
• Douglas Valentine. The Phoenix Program. New York: William Morrow and Company. 1990. ISBN 0-688-09130-X.
• Merle Pribbenow (translation). Victory in Vietnam: The Official History of the People's Army of Vietnam. University Press of Kansas. 2002 ISBN 0-7006-1175-4
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Burchett, Wilfred (1963): "Liberation Front: Formation of the NLF", The Furtive War, International Publishers, New York.
- ↑ McNamara 1999.
- ↑ "The Strategist Behind the Vietcong; North Vietnam's Commander in Chief breaks all the rules of conventional warfare. And for 20 years he has been confounding conventionally trained opponente" (in Engels). 16 Augustus 1964. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2019. Besoek op 19 Junie 2018.
- ↑ Currey, Cecil B. (2005). Victory at Any Cost: The Genius of Viet Nam's Gen. Võ Nguyên Giáp. Potomac Books, Inc. p. 500. ISBN 9781612340104.
- ↑ Paterson, Cameron (2013-03-14), The infamous and ingenious Hồ Chí Minh Trail, TED-Ed, https://www.youtube.com/watch?v=poE_nNW9-yk, besoek op 2018-06-19
- ↑ 6,0 6,1 "The Pentagon Papers" (in Engels) (Gravel uitg.). pp. 277–604, 4th section. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2019. Besoek op 19 Junie 2018 – via Mount Holyoke College.
- ↑ "McNamara stuck to Vietnam War despite doubts". Christian Science Monitor (in Engels). 6 Julie 2009. ISSN 0882-7729. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2019. Besoek op 19 Junie 2018.
- ↑ Prados, John (2009). Vietnam: The History of an Unwinnable War, 1945–1975. University Press of Kansas. ISBN 9780700619405.
- ↑ Military History Institute of Vietnam,(2002) Victory in Vietnam: The Official History of the People's Army of Vietnam, 1954–1975, vertaal deur Merle L. Pribbenow. University Press of Kansas. bl. 68. ISBN 0-7006-1175-4.
- ↑ 10,0 10,1 Gibson, James William (1 Desember 2007). The Perfect War: Technowar in Vietnam. Grove/Atlantic, Inc. p. 400–402. ISBN 9780802196811.