Gaan na inhoud

Slag van Cannae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Slag van Cannae
Deel van die Tweede Puniese oorlog

Kaart van Hannibal se veldtog na Rome
Datum 2 Augustus 216 v.C.
Ligging Cannae, Italië
Resultaat Kartaagse oorwinning
Strydende partye
Kartago Romeinse Republiek
Aanvoerders
Hannibal

Maharbal
Mago
Gisgo
Hanno
Hasdrubal

Gaius Terentius Varro

Lucius Aemilius Paullus (†)
Gnaeus Servilius Geminus (†)

Sterkte
50 000: 86 400:
  • 40 000 Romeinse infanterie
  • 40 000 geallieerde infanterie
  • 2 400 Romeinse kavallerie
  • 4 000 geallieerde kavallerie
Ongevalle en verliese
5 700 (Polybius) 85 630 (Polybius)
  • 70 000 infanterie dood
  • 5 630 kavallerie dood
  • 10 000 infanterie gevange geneem

67 500 (Livy)

  • 45 500 infanterie dood
  • 2 700 kavallerie dood
  • 17 800 infanterie gevange geneem
  • 1 500 kavallerie gevange geneem

Die Slag van Cannae (/ˈkæni, -eɪ, -aɪ/) was 'n groot geveg van die Tweede Puniese oorlog wat op 2 Augustus 216 v.C. in Apulië, in die suidooste van Italië plaasgevind het. Die poging van konsuls L. Aemelius van die Romeinse Republiek en C. Terentius Varro, om 'n einde te maak aan die Kartaagse bedreiging, het misluk. By Cannae het Hannibal, die onoorwonne aanvoerder van die Kartagers, oor die Romeinse magte geseëvier.

Die dood van Paulus Aemilius tydens die Slag van Cannae

Hoewel alleen en geïsoleer met sy leër, wou dit voorkom of hy beheer oor die hele Italië gehad het. Van die Romeinse leër het 44 000 gesneuwel, insluitende 80 senatore en die konsul Paullus. Nie net Italië nie, maar die hele Middellandse See-gebied se lot was op die stadium in Hannibal se hande.

Varro het tydens die slag waargeneem in die konsuls se plek as bevelvoerder. Die Romeinse leër het 48 000 voetsoldate gehad, waar Hanibal slegs 35 000 gehad het – waarvan die helfte nie Kartagers nie, maar Spaanse en Galliese bondgenote was. Maar hy het ’n ruitery van 10 000 gehad, minstens 4 000 meer as die Romeine.

Varro het die voetsoldate in digter linies as gewoonlik laat saamtrek in die hoop dat hul groter getalle hulle in staat sou stel om deur Hannibal se voetsoldaatlinies te breek. Sy kavallerie-bondgenote het hy aan sy linkerkant opgestel en sy paar Romeinse ruiters aan sy regterkant.

Hannibal het sy Spaanse en Galliese ruiters aan sy linkerkant geplaas, teenoor die swak Romeinse regtersy, met slegs sy Africa-kavallerie aan sy regterkant. In die middel het hy sy Galliese en Spaanse voetsoldate wigvormig opgestel. Sy beste troepe, die veterane van Africa, het hy weerskante van die middel en ver terug in reserwe gehou. Een bewys van hierdie troepe se bekwaamheid wat dat hulle, ander as die halfnaakte Galliërs, Romeinse harnaste gedra het wat hulle in vorige oorwinnings gebuit het. Hannibal het die slagveld met groot versigtigheid gekies. Toe die Romeine opruk om hom aan te val, was die oggendson in hul oë en het 'n sterk wind stof in hul gesigte gewaai.

Die Romeine het baie swaar verliese gely. Varro het weggekom, maar Aemelius Paullus het saam met 80 senatore gesneuwel. Van die hele Romeinse leër kon skaars 10 000 ontsnap het. Die Kartaagse verliese was sowat 5 700.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Slag van Cannae.
  • (en) "Battle of Cannae". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 November 2019.