Gaan na inhoud

Oscar II van Swede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oscar II
Koning van Swede en Noorweë
Koning Oscar II in 1900.
Koning Oscar II in 1900.
Koning van Swede
(18 September 1872 - 8 Desember 1907)
Voorganger Charles XV van Swede
Opvolger Gustaf V
Koning van Noorweë
18 September 1872 - 26 Oktober 1905
Voorganger Charles IV
Opvolger Haakon VII
Geboortenaam Oscar Fredrik
Gebore (1829-01-21)21 Januarie 1829
Stockholm
Oorlede 8 Desember 1907 (op 78)
Stockholm
Huis Bernadotte
Eggenote Sophia van Nassau
Kinders Gustaf, Oscar, Carl, Eugen
Vader Oscar I
Moeder Josephine van Leuchtenberg

Oscar II (Oscar Fredrik, 21 Januarie 1829 - 8 Desember 1907) was van 1872 tot met sy dood in 1907 koning van Swede en van 1872 tot 1905 koning van Noorweë.

Oscar was die seun van koning Oscar I en sy vrou, Josephine van Leuchtenberg. Hy het die Sweedse en Noorweegse troon bestyg ná die dood van sy oudste broer, Charles, in 1872. Oscar II het regeer in 'n tyd toe albei lande industrialisasie en vinnige tegnologiese vooruitgang ondergaan het.

Die Unie van Swede en Noorweë het geleidelik agteruitgegaan, en dit het gelei tot die ontbinding daarvan in 1905. In 1905 het die Noorweegse troon gegaan aan prins Carl van Denemarke onder die troonnaam Haakon VII. Toe Oscar in 1907 sterf, is hy in Swede deur sy oudste seun, Gustaf V, opgevolg.

Oscar II is die grootoupagrootjie aan vaderskant van koning Carl XVI Gustaf van Swede. Koningin Margrethe II van Denemarke is 'n afstammeling van hom deur sy seun Gustaf V. Ook koning Harald V van Noorweë; Filip van België en Henri, groothertog van Luxemburg, is afstammelinge van Oscar II.

Skakels

[wysig | wysig bron]