Gaan na inhoud

Nasionale Raad van Namibië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nasionale Raadsgebou in Windhoek
Huidige samestelling: ██ SWAPO (40)██ PDM (1) ██ NUDO (1)

Die Nasionale Raad is die hoërhuis van Parlement van Namibië. Hierdie liggaam adviseer die Nasionale Vergadering en keer wetgewing vir die laaste keer goed voordat dit na die president gaan vir beslissing. [1]

Die 42 lede van Nasionale Raad word indirek deur streeksrade verkies nadat streeksverkiesings gehou is.[2] Elkeen van die 14 streeksrade kies slegs drie verteenwoordigers om in die Nasionale Raad te dien. Die mees onlangse streeksverkiesings is op 27 November 2015 gehou.

Die samestelling van Nasionale Raad is as volg:

Die raad vergader in die Namibiese hoofstad Windhoek oorkant die sogenaamde Tintenpalast. Sedert 2019 is die voorsitter Bernard Sibalatani. Tans beklee slegs tien vroue setels in die Nasionale Raad.

Vorige samestellings van Nasionale Raad

[wysig | wysig bron]
Politieke Party Verkiesingsjaar
1992 1998 2004 2010 2015
Suidwes-Afrika Volksorganisasie (SWAPO) 19 21 24 24 40
Populêre Demokratiese Beweging (PDM) 06 04 01 01 01
Verenigde Demokratiese Front (UDF) 01 01 01 01 -
Nasionale eenheidsdemokratiese organisasie (NUDO) - - - - 01
totale 26 26 26 26 42

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "History". www.parliament.na. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2020. Besoek op 18 Julie 2020.
  2. "Namibia". New Parline: the IPU’s Open Data Platform (beta). 5 Julie 2018.[dooie skakel]