Manuel Neuer
Manuel Neuer in 2018 | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Manuel Peter Neuer[1] | ||
Gebore | 27 Maart 1986 | ||
Geboorteplek | Gelsenkirchen, Wes-Duitsland | ||
Lengte | 1,93 m[2][3] | ||
Speelposisie | Doelwagter | ||
Klubinligting | |||
Huidige klub | FC Bayern München | ||
Nommer | 1 | ||
Jeugloopbaan | |||
1991–2005 | Schalke 04 | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
2004–2008 | Schalke 04 II | 26 | (0) |
2006–2011 | Schalke 04 | 156 | (0) |
2011– | FC Bayern München | 124 | (0) |
Nasionale span‡ | |||
2004 | Duitsland O18 | 1 | (0) |
2004–2005 | Duitsland O19 | 11 | (0) |
2005–2006 | Duitsland O20 | 4 | (0) |
2006–2009 | Duitsland O21 | 20 | (0) |
2009– | Duitsland | 58 | (0) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 18:23, 2 Mei 2015 (UTC). † Kere uitgedraf (Doele). |
Manuel Peter Neuer (* 27 Maart 1986 in Gelsenkirchen, Noordryn-Wesfale) is 'n Duitse sokkerdoelwagter wat tans vir die Bundesliga-sokkerklub FC Bayern München speel.
Neuer se kollegas het hom as die beste Duitse doelwagter van die Bundesliga-seisoen 2006/07 aangewys. Op 19 Mei 2009 is Neuer vir die eerste keer deur die nasionale Duitse sokkerafrigter Joachim Löw vir die Asië-toernooi van die Duitse sokkervereniging DFB se nasionale A-span benoem en het op 2 Junie in die wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate (waarin Duitsland 'n 7-2 oorwinning behaal het) vir die eerste keer in die doelhok gestaan.
Manuel Neuer het daarnaas 'n belangrike bydrae tot Duitsland se sukses tydens die Europese U21-sokkerkampioenskappe van 2009 in Swede gelewer. Op 28 Mei 2010 is Neuer as doelwagter in Duitsland se nasionale sokkerspan benoem. Hy word 'n wêreldkampioen in 2014 toe Duitsland die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi wen.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "FIFA Club World Cup Morocco 2013: List of Players" (PDF). FIFA. 7 Desember 2013. p. 5. Besoek op 7 Desember 2013.
- ↑ "Manuel Neuer" (in Duits). Manuel Neuer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2020. Besoek op 27 Mei 2014.
- ↑ "Manuel Neuer – FC Bayern München AG" (in Duits). FC Bayern Munich. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2016. Besoek op 27 Mei 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Manuel Neuer.
- Manuel Neuer se amptelike webtuiste