Mamba (voertuig)
![]() Mamba Mk2 van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). | |
Tipe | Gepantserde personeeldraer |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Diensgeskiedenis | |
Gebruik deur | Sien "Gebruikers" |
Oorloë | Kosovo-oorlog Somaliese Burgeroorlog Irakse Oorlog Kivu-konflik |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerp | 1988[1] |
Vervaardiger | Reumech OMC[2] |
Vervaardig | 1990 – tans |
Aantal gebou | ~800 |
Spesifikasie | |
Massa | 6,45–6,8 t |
Lengte | 5,46–5,88 m |
Wydte | 2,2–2,36 m |
Hoogte | 2,46–2,49 m |
Bemanning | 2 (bevelvoerder, drywer) + 9 passasiers[1] |
Primêre bewapening |
12.7 mm Browning M2-masjiengeweer |
Enjin | Toyota JO 5C viersilinderdiesel (Mk1) Mercedes-Benz OM352 sessilinderdiesel (Mk2, Mk3) |
Enjinlewering | 103 kW @ 2 900 opm (Mk1) 91 kW @ 2 800 opm (Mk2, Mk3) |
Krag/massa | 13.4 kW/ton |
Suspensie | Krulvere |
Grondvryhoogte | 0.34 m (Mk1) 0.39 m (Mk2, Mk3) |
Brandstofkapasiteit | 220 liter |
Operasionele bereik |
900 km |
Snelheid | 102 km/h |
Die Mamba is 'n Suid-Afrikaanse mynbeskermde voertuig met permanente vierwielaandrywing. Die voertuig is nie amfibies nie. Die voertuig word in Benoni vervaardig deur Land Systems OMC, 'n filiaal van BAE Systems.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die mynbeskermde voertuig is spesiaal in Suid-Afrika ontwikkel vir gebruik in swaar gemynde gebiede en word in groot getalle deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag asook die onlustepolisie gebruik. Die insittendes klim in die voertuig via die agterdeur. Die voertuigbevelvoerder het 'n dakluik met 'n masjiengeweer. Die vierwiel-gepantserde Mamba is op die onderstel van die Unimog gebaseer. Dit word aangedryf deur 'n Mercedes-Benz OM352-dieselenjin met 'n uitset van 91 kW (123 pk).
Benewens Suid-Afrika word die Mamba ook gebruik deur Kanada, Ivoorkus, Estland, Kongo, Rwanda, Swede, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Camp, Steve; Helmoed-Römer, Heitman (November 2014). Surviving the Ride: A pictorial history of South African Manufactured Mine-Protected vehicles. Pinetown: 30 Degrees South. pp. 97–102. ISBN 978-1928211-17-4.
- ↑ Christopher F. Foss. Jane's Tanks and Combat Vehicles Recognition Guide (2000 uitg.). Harper Collins Publishers. pp. 294–295. ISBN 978-0-00-472452-2.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Beskrywing op www.globalsecurity.org (Engels)
- Beskrywing op www.military-today.com (Engels)
Bronne
[wysig | wysig bron]- Camp, Steve; Helmoed-Römer, Heitman (November 2014). Surviving the Ride: A pictorial history of South African Manufactured Mine-Protected vehicles. Pinetown: 30 Degrees South. bl. 97–102. ISBN 978-1928211-17-4.
- Foss, Christopher F. (2000). Jane's Tanks and Combat Vehicles Recognition Guide (2000 ed.). Harper Collins Publishers. bl. 294–295. ISBN 978-0-00-472452-2.
- GlobalSecurity.org. "Mamba Armored Personnel Carrier (APC)". Besoek 28 Maart 2010.