Maagde-eilande
Maagde-eilande Inheemse naam: Virgin Islands | |
---|---|
Ligging van die Maagde-eilande | |
Geografie
| |
Ligging | Atlantiese Oseaan, Karibiese See |
Koördinate | 18°05′N 64°50′W / 18.083°N 64.833°W |
Argipel | Klein-Antille
|
Oppervlakte | 505 vk km
|
Administrasie | |
Verenigde Koninkryk | |
Oorsese gebied | Britse Maagde-eilande
|
Hoofstad | Road Town |
Grootste stad | Road Town (9 400)
|
Verenigde State | |
Eilandgebied | Amerikaanse Maagde-eilande |
Hoofstad | Charlotte Amalie |
Grootste stad | Charlotte Amalie (18 914)
|
Verenigde State | |
Eilandgebied | Puerto Rico |
Hoofstad | San Juan |
grootste stad | San Juan (395 326)
|
Demografie | |
Bevolking | 146 508
|
Die Maagde-eilande (Engels: Virgin Islands) bestaan uit die Amerikaanse Maagde-eilande, 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika, en die Britse Maagde-eilande, 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk, tussen die Karibiese See in die suide en die Atlantiese Oseaan in die noorde. Die Spaanse Maagde-eilande behoort sedert die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 aan die Amerikaanse eilandgebied Puerto Rico. Die eilande is in die weste van Anguilla en in die ooste van Puerto Rico geleë. Die Maagde-eilande het 'n bevolking van 146 508 in 2003 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 505 km². Die VS-dollar is in albei gebiede die amptelike geldeenheid.
Die eilande is deur Christophorus Columbus op 14 November 1493 vir Europa ontdek en vir Spanje in besit geneem, maar die eilande is nie deur Spanjaarde bevolk nie. Sedert die 17de eeu was die eilande tussen Denemarke en Engeland opgedeel en sommige eilande was tydelik in Nederlandse besit. 1917 het die VSA die Deense deel vir 25 miljoen VS-dollar gekoop.
Grootste eilande
[wysig | wysig bron]Rank | Eiland | Oppervlak (km²) | Oppervlak (vk myl) | Bevolking (2010) | Administrasie |
---|---|---|---|---|---|
1 | Saint Croix | 214 | 82 | 50 601 | Amerikaanse Maagde-eilande |
2 | Vieques (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie) | 135 | 52 | 9 301 | Puerto Rico |
3 | Saint Thomas | 80,91 | 31,23 | 51 634 | Amerikaanse Maagde-eilande |
4 | Tortola | 55,7 | 21,5 | 23 908 | Britse Maagde-eilande |
5 | Saint John | 51 | 19,6 | 4 170 | Amerikaanse Maagde-eilande |
6 | Anegada | 38 | 15 | 200 | Britse Maagde-eilande |
7 | Culebra (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie) | 30,1 | 11 | 1 818 | Puerto Rico |
8 | Virgin Gorda | 21 | 8 | 3 000 | Britse Maagde-eilande |
Sport
[wysig | wysig bron]Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan elke Krieketwêreldbeker deelgeneem en die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maagde-eilande.
- (en) Regering van die Britse Maagde-eilande
- (en) Amerikaanse Maagde-eilande Geargiveer 27 Julie 2015 op Wayback Machine by die Amerikaanse Buro vir Eilandsake