I.A.R. 80
I.A.R. 80 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Industria Aeronautică Română (IAR) |
Nooiensvlug | 12 April 1939 |
Bekendstelling | Februarie 1941 |
Onttrek | 1949 |
Hoofgebruiker | Koninklike Romeense Lugmag |
Vervaardig | 1940–1944 |
Aantal gebou | 346 |
Die I.A.R. 80 was 'n Romeense monovlerk, enkelsitplek vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig se ontwerp is geskoei op die Poolse vliegtuig, die PZL P-24 vegvliegtuig, wat dit moes vervang. Die ontwikkelingswerk is oorwegend Romeens en het in 1938 begin.
Die vegvliegtuig het sy nooiensvlug op 12 April 1939 onderneem en was 'n groot verbetering op die P-24. Die voorste en agterste gedeeltes van die vliegtuig was byna identies maar die middelste gedeelte het drasties verskil. Die borreltipe kajuit was uniek vir sy tyd en die vlieënier het uitstekende sig gehad. Produksie het geskied onder Duitse toesig en latere modelle is met 'n Duitse Mauser kanon toegerus. Snaaks genoeg het die vliegtuig nie 'n stertwiel gehad nie maar 'n glyski.
Meer as 250 eenhede is gebou en die meeste het op die Oos-Front diens gedoen vanaf Mei 1942. Vanaf 1943 was al die vliegtuie in Roemenië gebaseer om die land teen Amerikaanse bomwerpers te verdedig. Ongeveer die helfte van al die eenhede gebou het die oorlog oorleef en het diens gedoen in die Romeense Lugmag wat op daardie stadium onder Sowjetbeheer was. Hulle is 1949 vervang met Sowjetvegters. 'n Klompie was verander na tweesitplekopleidingsvliegtuie en het diens gedoen tot in 1952.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | IAR K14-1000A stermotor |
Kraglewering per motor | 1 025 perdekrag |
Vlerkspan | 10,5 m |
Lengte | 8,9 m |
Hoogte | 3,6 m |
Vlerkoppervlakte | 15,97 m2 |
Maks. opstygmassa | 2 550 kg |
Maks. snelheid | 550 km/h |
Operasionele hoogte | 10 500 m |
Togafstand | 940 km |
Klimvermoë | 4,500 in 5 minute 40 sekondes |
Bewapening | Vier 7.92 mm masjiengewere in vlerke |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9