Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 090 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Jou bydrae word nou geregistreer onder jou IP-adres. Daar is verskeie voordele gebonde aan die skep van ’n rekening – sluit gerus by ons aan!
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.
Baie dankie. Ek dink ek moet nou ook 'n rekening hê... Oliver
Welkom by hierdie besprekingsbladsy
Besprekingsbladsye is waar mense bespreek hoe om inhoud op Wikipedia die beste te maak as wat dit kan wees. Gebruik hierdie bladsy om 'n bespreking te begin oor die wysigings wat vanaf hierdie IP-adres gemaak is. Wat jy hier sê sal publiek wees vir ander om te sien. Baie IP-adresse verander periodiek en word dikwels deur verskeie mense gedeel.
Hierdie is die besprekingsblad vir 'n anonieme gebruiker wat nog nie 'n rekening geskep het nie of wat dit nie gebruik nie. Daarom moet ons sy/haar numeriese IP-adres gebruik vir identifikasie. Só 'n adres kan deur verskeie gebruikers gedeel word. Indien jy 'n anonieme gebruiker is wat voel dat ontoepaslike kommentaar teen jou gerig is, skep 'n rekening of teken in om verwarring met ander anonieme gebruikers te voorkom.