Ernst van Jaarsveld
Voorkoms
Ernst van Jaarsveld | |
Ernst van Jaarsveld in 2022.
| |
Geboortenaam | Ernst Jacobus van Jaarsveld |
---|---|
Gebore | Johannesburg, Suid-Afrika | 19 Februarie 1953
Blyplek | Kaapstad |
Burgerskap | Suid-Afrikaner |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Vakgebied | Plantkunde |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Doktorale promotor(s) | Prof. Abraham Erasmus van Wyk |
Dr. Ernst Jacobus van Jaarsveld (19 Februarie 1953 - ) is 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Na skool het hy sy Nasionale Diploma in Plantkunde aan die Pretoria Technikon behaal. Hy het sy MSc-graad aan die Universiteit van Natal in 1990 voltooi en sy PhD onder die leiding van prof. Braam van Wyk aan die Universiteit van Pretoria. Van Jaarsveld is 'n deskundige op die gebied van vetplante en ander plante wat aangepas het in droogtetoestande.
Daar is drie spesies na hom vernoem: Anginon jaarsveldii B.L. Burtt, Plectranthus ernstii Codd en Eriosperum ernstii P.L. Perry.
Die standaard skrywerafkorting van Jaarsv. word gebruik om Ernst van Jaarsveld as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.