Gaan na inhoud

El Corte Inglés

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
El Corte Inglés
Tipe Sociedad Anónima
Gestig 28 Junie 1940 in Madrid, Spanje
Hoofkantoor MadridVlag van Spanje Spanje
SleutelpersoneIsidoro Álvarez Álvarez, hoof uitvoerende beampte
Gebied bedienSpanje en Portugal
IndustrieHandelsbedryf
ProdukteKleding, skoene, kosmetika, juweliersware, huishoudelike voorwerpe en meubels
Inkomste€15,8 miljard (2011)
Netto inkomste€209,99 miljoen (2011)
Webwerfelcorteingles.eu
elcorteingles.es
'n tak van El Corte Inglés in Barcelona

El Corte Inglés S.A. ("Die Engelse Snit") is 'n Spaanse afdelingswinkelketting wat sy hoofkwartier in Madrid het. Dit is die grootste afdelingswinkelketting in Europa en die vierde grootste ter wêreld, met takke dwarsoor die Iberiese Skiereiland insluitende Portugal asook op die Baleariese en Kanariese Eilande.

El Corte Inglés is tans die enigste afdelingswinkelketting in Spanje en het sy sakebelange uitgebrei na ander besigheidsformate, waaronder

  • Hipercor - hipermarkte
  • Tiendas de proximidad - supermarkte
  • Repsol Opencor - kafees by petrolstasies
  • Sfera - modewinkelketting
  • Optica 2000 - optiese winkels wat ook gehoorapparate verkoop
  • Bricor - tuisdekor- en selfdoenwinkels
  • Viajes El Corte Inglés - reisagentskap
  • Seguros El Corte Inglés - versekeringsmaatskappy

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]