Cannes-rolprentfees 1949
Voorkoms
Cannes-rolprentfees 1949
| ||
Datum | 2-17 September 1949 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 30 in kompetisie[1] 1 buite kompetisie 32 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | L'Arroseur Arrosé | |
Palme d'Or | The Third Man |
Die 3de Cannes-rolprentfees is van 2-17 September 1949 in Cannes, Frankryk, gehou. Geen kompetisie is die vorige jaar gehou nie weens finansiële probleme.[2][3]
Nes in 1947 het die hele jurie uit Franse bestaan, met die historikus Georges Huisman as president. Die Palme d'Or is toegeken aan The Third Man deur Carol Reed.[4][5] Die fees is geopen met L'Arroseur Arrosé deur Louis Lumière, ’n Franse komedie van 1895, ter ere van die rolprentbedryf se eerste komedieprent.[6]
Pryse
[wysig | wysig bron]Die volgende mense en rolprente het in 1949 pryse ontvang:[5]
Rolprente
- Palme d'Or: The Third Man deur Carol Reed
- Beste regisseur: René Clément vir The Walls of Malapaga
- Beste draaiboek: Eugene Ling en Virginia Shaler vir Lost Boundaries
- Beste akteur: Edward G. Robinson vir House of Strangers
- Beste aktrise: Isa Miranda vir The Walls of Malapaga
- Beste kinematografie: Milton R. Krasner vir The Set-Up
Kortprente
- Beste onderwerp: Palle Alene i Verden deur Astrid Henning-Jensen
- Beste redigering: Pacific 231 deur Jean Mitry
- Bes gefotografeerde dekking:Seal Island deur James Algar
- Beste kinematografie:Bialy Redyk deur Stanislas Mozdenski
- Beste kleur: Images Médiévales deur William Novik
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Official Selection 1949". festival-cannes.fr (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
- ↑ "First Cannes Film Festival". history.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2019.
- ↑ "1949 - Le Troisième Festival (The Third Festival)". cannes-fest.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 6 Junie 2017.
- ↑ "3ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2019. Besoek op 27 Junie 2017.
- ↑ 5,0 5,1 "Awards 1949: All Awards". festival-cannes.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2016.
- ↑ "Opening of the 1949 Festival" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Fees se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia