Gaan na inhoud

Boeing P-12

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Boeing P-12
Boeing P-12E by die Nasionale Museum van die United States Air Force
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Boeing
Nooiensvlug 25 Junie 1928
Bekendstelling 1930
Status Onttrek
Hoofgebruikers United States Army Air Forces
Amerikaanse Vloot
Brasilië
Vervaardig 1929–1932
Aantal gebou 586

Die Boeing P-12 is 'n Amerikaanse dubbeldekker vegvliegtuig wat tussen die twee Wêreldoorloë sy verskyning gemaak het. Die vliegtuig is deur Boeing ontwikkel in hulle private hoedanigheid om die Boeing F2B en F3B te vervang. Boeing het die vliegtuig die F4B genoem. Die F4B was kleiner en ligter as sy voorgangers maar het dieselfde motor gehad as die F3B wat gelei het tot verbeterde prestasie.

Die Amerikaanse Vloot het 'n groot bestelling geplaas en later ook die Amerikaanse Leër; laasgenoemde het die vliegtuig die P-12 genoem. Beide van die Amerikaanse magte het verskeie variante van die vliegtuie bedryf tot en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Brasilië was die enigste land wat die vliegtuig gekoop het. Daar was 586 van die vliegtuig vervaardig.

Tegniese besonderhede

[wysig | wysig bron]
Besonderhede van die Boeing P-12:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Pratt & Whitney R-1340-16 Wasp negesilinder stermotor
Kraglewering per motor 550 perdekrag
Vlerkspan 9,14 m
Lengte 6,12 m
Hoogte 2,84 m
Vlerkoppervlakte 21,13 m2
Maksimum opstygmassa 1 638 kg
Maksimum snelheid 303 km/h
Operasionele hoogte 8 200 m
Togafstand 595 km
Klimvermoë 1,525 m in 2 minute, 42 sekondes.
Bewapening Twee 7,62mm masjiengewere

Sien ook

[wysig | wysig bron]