Aleksander N. Skriabin
Aleksander N. Skriabin | |
---|---|
Aleksander N. Skriabin in 1910 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Aleksander Nikolaiewitsj Skriabin |
Gebore | Moskou, Russiese Keiserryk | 6 Januarie 1872
Sterf | 14 April 1915 (op 43) Moskou, Russiese Keiserryk |
Genres | Simboliek, simfonie, sonate en klassieke musiek |
Beroep(e) | Komponis en pianis |
Instrumente | Klavier |
Assosiasies | Igor Strawinski, Anton Arenski, Aleksandr Gretsjaninof |
Aleksander Nikolaiewitsj Skriabin (Russies: Алекса́ндр Никола́евич Скря́бин, [ɐlʲɪˈksandr nʲɪkəˈɫaɪvʲɪtɕ ˈskrʲæbʲɪn]; 1872–1915) was 'n Russiese komponis. Hy is van sy 10de jaar af as soldaat opgelei, maar hy het terselfdertyd in die musiek gestudeer. Van 1888 tot 1892 het hy aan die Moskouse Konservatorium, onder andere onder Tanejef en Anton Arenski, gestudeer. Na konsertreise in Europa is hy in 1897 getroud, en van 1898 tot 1903 het hy aan die Moskouse Konservatorium lesings gegee.
In 1904 het hy hom in Switserland gevestig en sy aandag aan komposisie bestee. Skriabin het al hoe meer behep geraak met die mistieke filosofie, waaraan hy later ook sy musikale uitinge probeer koppel het. Skriabin se reputasie berus op sy sensitiewe, fyn afgewerkte klaviermusiek wat 10 sonates, 'n klavierconcerto en talle preludes en ander kort stukke insluit.
Sy latere pogings om sy mistieke denke in sy musiek te verbeeld, het nie algemene byval gevind nie, maar hy beklee nietemin 'n plek in die ontwikkeling van die moderne Russiese musiek.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-65-6, volume 24, bl. 170
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aleksander N. Skriabin.
- (en) "Aleksandr Scriabin". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 September 2019.