Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Ugandese nasionale krieketspan (Engels: Uganda national cricket team; Swahili: Timu ya kriketi ya Uganda), met die bynaam “Cricket Cranes”, is die nasionale krieketspan wat Uganda in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Uganda deur die Ugandese Krieketvereniging (UCA, van Engels: Uganda Cricket Association; Swahili: Shirikisho la Kriketi Uganda) beheer. Uganda is sedert 1998 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Saam met Kenia en Namibië is Uganda tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikakrieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe. Uganda het al vroeg in 1914 met ’n internasionale span teen die Oos-Afrikaanse Protektoraat te staan gekom, maar hulle het eers van die vroeë 1950’s af gereeld teen ander spanne begin speel en gereeld reekse teen die plaaslike mededingers Kenia en Tanzanië (destyds Tanganjika) beslis. Van 1966 af het Uganda spelers beskikbaar gestel vir die gesamentlike Oos-Afrikaanse span wat in 1989 die Oos- en Sentraal-Afrikaanse span geword het. Tydens die IKR-trofee 2001 in Kanada het die land op sy eie deelgeneem. Uganda het aan die volgende drie toernooie deelgeneem, wat later in krieketwêreldbekerkwalifisering hernoem is, maar hulle kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Tydens die Wêreldkrieketliga het Uganda drie keer die Wêreldkrieketliga se afdeling twee gehaal, maar hulle het elke keer na afdeling drie teruggeval. Die span het ook ses keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem en die 2023-kwalifisering as naaswenner ná Namibië afgesluit, waarmee hulle vir die T20I-wêreldbeker 2024 kon kwalifiseer, hul eerste deelname aan dié toernooi. In dié proses kon hulle onder andere die volle lid Zimbabwe vir die eerste keer klop. Daarmee het hulle ná die volle lede Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die assosiaatlede Namibië en Kenia die vyfde Afrikaland geword wat vir ’n internasionale kriekettoernooi kon kwalifiseer. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Uganda Papoea-Nieu-Guinee klop, gelyk aan hul eerste T20I-wêreldbekeroorwinning en eerste oorwinning in enige IKR-toernooi ooit. In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Uganda ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Uganda is tans (Januarie 2025) 22ste op die Twintig20-wêreldranglys.
In die nuus
Het u geweet...
... dat daar sedert 30 Januarie 2017 'n gemeenskaplike landgrens tussen die Afrika-unie en die Europese Unie is? Die twee klein eksklawes Ceuta en Melilla van die EU-lidland Spanje grens aan die AU-lidland Marokko. ... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal. ... dat 'n deel van Brasilië vroeër aan Nederland behoort het? Nederlands-Brasilië was van 1630 tot 1654 'n Nederlandse kolonie wat van Portugal oorgeneem is. ... dat die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is? ... dat 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal vroeër in Skotland gepraat is? Op die Shetland- en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland is die uitgestorwe Norn gepraat. Nadat die eilande in die 15de eeu deur Noorweë aan Skotland teruggegee is, is dit deur Skots vervang.
Vandag in die geskiedenis
27 Januarie: Gedenkdag vir die Joodse volksmoord in die Verenigde Koninkryk en ander lande
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|