1912
Voorkoms
1912 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1907 | 1908 | 1909 | 1910 | 1911 | ◄ 1912 ► | 1913 | 1914 | 1915 | 1916 | 1917 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1912 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Titanic sink. | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1912 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 12de jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Stigting van die Republiek China op die Chinese vasteland.
- 6 Januarie – Nieu-Meksiko word die 47ste deelstaat van die Verenigde State.
- 14 Februarie – Arizona word die 48ste deelstaat van die Verenigde State.
- 23 Februarie – Die Week, voorloper van Die Vaderland, verskyn die eerste keer.
- 15 April – Die Titanic sink.
- 7 Julie – Rudolph Lewis wen Suid-Afrika se eerste fietsry goue medalje tydens die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm.
- 14 Julie – Kenneth McArthur wen die goue medalje vir die maraton op die Olimpiese Spele in Stockholm.
- 4 – 8 November Eerwaardes E. Dietrich, F. Balie, J. Jonker en D. Balie as eerste inheemse leraars op 'n Algemene Sendingkonferensie gehou te Genadendal toegelaat.
- 5 November – Woodrow Wilson behaal 'n wegholoorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing oor die ampsdraer William Howard Taft.
- 28 November – Albanië word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
- 7 Desember – Generaal J.B.M. Hertzog lewer sy beroemde De Wildt-toespraak: "Suid-Afrika eerste"
- 14 Desember – Louis Botha bedank as Suid-Afrika se eerste minister.
- Die Mosambiek-ooreenkoms word gesluit.
- Die dorp Warden in die Oos-Vrystaat word uitgelê op die plaas Rietvallei.
- Die ANC word in Bloemfontein onder die naam South African Native National Congress (SANNC) gestig.
- Alfred Wegener en Arthur Holmes stel die teorie van kontinentale verskuiwing voor.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 28 Januarie – Jackson Pollock, Amerikaanse skilder († 1956).
- 4 Februarie – Erich Leinsdorf, Oostenryks-gebore Amerikaanse dirigent († 1993).
- 6 Februarie – Eva Braun, vrou van Adolf Hitler († 1945).
- 10 Maart – Genl. Rudolph Hiemstra (SSA SM), voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag († 2007).
- 27 Maart – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 2005).
- 8 April – Sonja Henie, Amerikaanse aktrise en skryfster († 1969).
- 15 April – Kim Il Sung, politikus van Noord-Korea († 1994).
- 25 April – S. Ignatius Mocke, Afrikaanse digter en skrywer, joernalis en redakteur († 1990).
- 2 Mei – Nigel Patrick, Engelse akteur († 1981).
- 18 Mei – Walter Sisulu, anti-apartheidsaktivis († 2003).
- 18 Mei – Perry Como, Amerikaanse sanger († 2001).
- 20 Mei – M.I. Finley, Britse akademikus, navorser. klassikus en skrywer († 1986).
- 28 Mei – Patrick White, Australiese skrywer († 1990).
- 6 Junie – Maria Montez, Dominikaans-Franse aktrise († 1951).
- 10 Junie – Jean Lesage, Kanadese advokaat, politikus en hervormer († 1980).
- 21 Junie – Mary McCarthy, skrywer († 1989).
- 23 Junie – Alan Turing, Britse wiskundige en rekenaarwetenskaplike († 1954).
- 26 Junie – Jay Silverheels, akteur († 1980).
- 11 Julie – Sergiu Celibidache, Romeense orkesdirigent en komponis († 1996).
- 14 Augustus – William Sage Rapson, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse-chemikus († 1999).
- 25 Augustus – Erich Honecker, Duitse politikus († 1994).
- 17 Oktober – Albino Luciani later Pous Johannes Paulus I († 1978).
- 21 Oktober – Georg Solti, Hongaarse orkes- en operadirigent († 1997).
- 15 November – Albert Baez, Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña († 2007).
- 26 November – Miriam Phoebe de Vos, Suid-Afrikaanse plantkundige en akademikus († 2005).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 10 Februarie – Joseph Lister, Engelse chirurg (* 1827).
- 20 Maart – Eduard Johan Pieter Jorissen, Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek, regter en staatsman in Suid-Afrika (* 1829).
- 30 Maart – Karl May, Duitse outeur (* 1842)
- 20 April – Bram Stoker, Ierse skrywer (* 1847)
- 14 Mei – Frederik II, koning van Denemarke (* 1843)
- 9 Junie – Albert Kimmerling, pioniersvlieënier wat die eerste vliegtuigvlug in Afrika (en Suid-Afrika) onderneem het (* 1882).
- 17 Julie – Henri Poincaré, Franse fisikus (* 1854).
- 25 Julie – Michael Henry Gallwey, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof (* 1826).
- 21 September – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse gereformeerde teoloog (* 1838).
- 13 Augustus – Jules Massenet, Franse komponis (* 1842).
- 20 Augustus – William Booth, 'n evangelis en stigter van die Heilsleër (* 1829).
- 15 Desember – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie (* 1834).