Gaan na inhoud

101955 Bennu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Foto van die landingsterrein Nightingale wat OSIRIS-REx net ná sy landing geneem het.
101955 Bennu   
'n Fotoreeks van Bennu deur OSIRIS-REx op 3 Desember 2018
Ontdekking
Ontdek deur Lincoln Lab Socorro
Datum 11 Sept 1999
Alternatiewe name1999 RQ36
Kleinplaneet-kategorie Apollo-asteroïde[1]
Etimologie Bennu (Egiptiese mitologie)
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog 2455562.5 (1-Jan-'11)
Afelium 1.35588768770(4) AE
Perihelium 0,89689436(2) AE
Halwe lengteas 1,126391025934(11) AE
Wentelperiode 1,20 jr.
Gem. omwentelingspoed km/s
Gem. anomalie 101.703948(3) °
Baanhelling 6.034939(3) °
Lengteligging van stygende nodus 2.060867(4) °
Periheliumhoek 66.223068(6) °
Fisiese eienskappe
Afmetings 0,492 km
Gem. digtheid 1,26 [g/cm3]
Rotasieperiode 4,297 uur[1]
Absolute magnitude 20,19[1]
Beelde wat Bennu se noordelike halfrond wys (geneem sowat 1,8 km van die oppervlak af).
Animasie wat Bennu se wentelbaan van 2128 tot 2138 om die Aarde wys, onder meer die nabye verbyvlug.
Aarde
██ Aarde ██ 101955 Bennu

101955 Bennu is 'n opties donker asteroïde met 'n deursnee van 492±20 m. Dit is 'n koolstofhoudende B-tipe asteroïde wat in die nabyheid van die aarde om die son wentel. Die basiese vorm van hierdie naby-aarde-voorwerp (NAV) is in 1999 danksy radio-waarnemings van die Arecibo-sterrewag vasgestel.[2] NASA se OSIRIS-REx-tuig het sedert 2018 gedetaileerde waarnemings van die oppervlak gemaak.

Op 20 Oktober 2020 het OSIRIS-REx met die hulp van ’n uitrekbare arm suksesvol op die oppervlak van Bennu geland om ’n monster stof te versamel.[3]

Afmetings en wentelbaan

[wysig | wysig bron]

Bennu is 'n taamlik ronde voorwerp van 565 x 535 x 508 meter en dit het 'n sideriese wentelperiode van 4,3 uur.[4] In die jaar 2135 sal die asteroïde nader as die maan by die aarde verbybeweeg en daar bestaan 'n kans dat dit die aarde tussen 2175 en 2196 kan tref. Die grootste waarskynlikheid is in 2196 (p=9,5 x 10-5).[5]

Samestelling

[wysig | wysig bron]

Dit bestaan uit materiaal wat die meeste met chondriete van klas CM en CI ooreenstem. Die digtheid van die asteroïde is 1260±70 kg/m3, wat 'n porositeit van 30%-50% voorspel.[5]

OSIRIS-REx

[wysig | wysig bron]

In September 2016 het NASA 'n vuurpyl gelanseer wat die OSIRIS-REx-tuig op 'n trajek na die asteroïde geplaas het. Die outonome tuig het op 3 Desember 2018 by die asteroïde aangekom en het op 31 Desember 2018 in 'n wentelbaan om Bennu gegaan. Die tuig is toegerus met etlike instrumente om die oorsprong en grondstowwe van Bennu te bestudeer.[6] Dit bevat 'n spektrometer vir die sigbare en infrarooigebied (OVIRS) en 'n spektrometer vir termiese emissie (OTES) wat die klippe van die asteroïde wat dalk water en organiese molekules bevat, sal ondersoek.[4]

Op 20 Oktober 2020 het OSIRIS-REx op die asteroïde geland en suksesvol ’n monster stof versamel.[3][7] Die tuig het volgens verwagting die monster in 2023 na die Aarde teruggebring[8] deur middel van ’n valskerm wat op 24 September van die ruimtetuig na die aardoppervlak in Utah gestuur is.[3][9]

Nabye waarnemings deur die OSIRIS-REx-tuig het aangedui dat Bennu minder sanderig en baie meer rots- en bergagtig is as wat vooraf verwag is.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 JPL
  2. OSIRIS-REx Meets Bennu’s Surprises, NASA Goddard, 23 September 2020
  3. 3,0 3,1 3,2 Chang, Kenneth (20 Oktober 2020). "Seeking Solar System's Secrets, NASA's OSIRIS-REX Mission Touches Bennu Asteroid - The spacecraft attempted to suck up rocks and dirt from the asteroid, which could aid humanity's ability to divert one that might slam into Earth". The New York Times. Besoek op 21 Oktober 2020.
  4. 4,0 4,1 Asteroids IV Patrick Michel, Francesca E. DeMeo, William F. Bottke University of Arizona Press, 2015, ISBN 0-8165-3218-4, ISBN 978-0-8165-3218-6
  5. 5,0 5,1 Primitive Meteorites and Asteroids: Physical, Chemical, and Spectroscopic Observations Paving the Way to Exploration Neyda M. Abreu Elsevier, 2018, ISBN 0-12-813326-0, ISBN 978-0-12-813326-2
  6. Gough, Evan (1 Mei 2020). "NASA Spacecraft Just Dove 75 Metres Above an Asteroid's Surface, And The Photos Are Epic". www.sciencealert.com (in Engels). Universe Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 5 Mei 2020.
  7. "Touching the Asteroid" (video, 54:03 min.), Nova op PBS, 21 Oktober 2020. Besoek op 20-10-22.
  8. "NASA to Launch New Science Mission to Asteroid in 2016". Nasa. 25 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 21 Mei 2013.
  9. "After 7 years, NASA's OSIRIS-REx mission successfully returns asteroid sample". NPR.
  10. NASA’s Asteroid Heist: The Challenges of TAG, NASA Goddard, 14 Oktober 2020