Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Homo ergaster is ’n uitgestorwe spesie van Homo wat tydens die vroeë Pleistoseen in Oos- en Suider-Afrika geleef het. Of H. ergaster 'n spesie op sy eie vorm en of dit in die spesie H. erectus opgeneem moet word, is 'n deurlopende en onopgeloste dispuut tussen paleoantropoloë. Voorstanders van 'n gesamentlike spesie praat gewoonlik van H. ergaster as "Homo erectus uit Afrika" of "Homo erectus ergaster". Die naam Homo ergaster kan rofweg vertaal word as "werkende man", 'n verwysing na die meer gevorderde gereedskap wat die spesie gebruik het in vergelyking met dié van hulle voorouers. Die fossielomvang van H. ergaster strek van sowat 1,7 miljoen tot 1,4 miljoen jaar gelede, hoewel 'n groter omvang moontlik is. Hoewel fossiele uit die hele Oos- en Suider-Afrika bekend is, is die meeste H. ergaster-fossiele aan die oewers van die Turkanameer in Kenia ontdek. Daar is latere Afrika-fossiele, waarvan sommige jonger as 'n miljoen jaar is, wat dui op langtermyn- anatomiese kontinuïteit, maar dit is onseker of hulle amptelik beskou kan word as H. ergaster-spesimens. As 'n aaneenlopende spesie kon H. ergaster gelewe het tot so laat as 600 000 jaar gelede, toe nuwe linies van Homo in Afrika ontstaan het. H. ergaster het op die savanne van Afrika gewoon, 'n unieke omgewing wat tot die behoefte aan nuwe en unieke gedrag kon gelei het. Vroeë Homo-lede het waarskynlik, nes moderne primate, van teenaanvalstegnieke gebruik gemaak om roofdiere weg te hou. Teen die tyd van H. ergaster het dié gedrag moontlik gelei tot die ontwikkeling van ware jagter-versamelaarsgedrag, 'n eerste onder primate. H. ergaster was 'n toproofdier. Nog gedrag wat eerste in dié spesie kon begin het, sluit in die verdeling van mans en vroue in kosversameling en ware monogame bande tussen pare. H. ergaster het ook gevorderder Acheuleense gereedskap gebruik, onder meer die eerste bekende handbyle. Hoewel onbetwiste bewyse ontbreek, kon H. ergaster ook die eerste hominien gewees wat vuur beheer het.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat die taalkundige verhouding tussen Fidjiaanse Hindi en Hindi soortgelyk is aan dié tussen Afrikaans en Nederlands? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde. ... dat Manfred von Richthofen, die Duitse vegvlieënier wat ook as die Rooi Baron bekend gestaan het, tydens die Eerste Wêreldoorlog tot 80 vyandelike vliegtuie afgeskiet het? ... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf. ... dat die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is? ... dat die Honderdjarige Oorlog nie 100 jaar geduur het nie, maar 116 jaar? Daar was periodes van vrede tussenin en dit het geëindig met die verdrywing van Engelse magte uit Frankryk.
![]() Vandag in die geskiedenis
11 Junie: Kamehameha Dag in Hawaii ![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|