Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Diabetes mellitus, dikwels net diabetes genoem en voorheen beter bekend as suikersiekte, is 'n groep algemene siektes van die endokriene stelsel wat gekenmerk word deur hiperglukemie (hoë bloedsuikervlakke). Diabetes word veroorsaak deurdat óf die pankreas nie genoeg insulien vervaardig nie óf die selle van die liggaam nie op die hormoon reageer nie. Klassieke simptome sluit in dors, herhaaldelike urinering, gewigsverlies en dowwe sig. As dit nie behandel word nie, kan die siekte tot verskeie gesondheidsprobleme lei, onder meer siektes van die hartbloedvatstelsel, oë, niere en senuwees. Onbehandelde of swak behandelde diabetes lei jaarliks wêrelwyd tot sowat 1,5 miljoen sterftes. Die hoofsoorte diabetes is tipe 1 en 2. Die algemeenste behandeling vir tipe 1-diabetes is insulienvervangingsterapie (insulieninspuitings), terwyl medisynes soos metformien en semaglutied en lewenstylaanpassings gebruik kan word om tipe 2-diabete te bestuur. Gestasionele of swangerskapsdiabetes, 'n vorm wat tydens swangerskap in sommige vroue voorkom, normaliseer nadat die vroue die lewe geskenk het. Teen 2021 het 'n geraamde 537 miljoen mense wêreldwyd (sowat 10,5% van volwassenes) aan diabetes gelei, waarvan tipe 2 meer as 90% van gevalle uitgemaak het. Daar word geraam dat 783 miljoen volwassenes, of een uit elke agt, teen 2045 die siekte sal hê. Dit is 'n toename van 46% van die huidige syfers. Die siekte neem veral drasties toe in nasies met lae- tot middelklasinkomstes. Dit is wêreldwyd die sewende grootste oorsaak van sterftes. Dit kom ewe veel in mans en vroue voor.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Skotse uitvinder John Logie Baird reeds in 1926 in Londen die eerste publieke demonstrasie van 'n televisie gegee het? 10 jaar later was daar slegs 100 televisiestelle in die wêreld; vandag is daar meer as 1,5 miljard. ... dat byna die hele Kaapse Skiereiland deel is van die Tafelberg- Nasionale Park? Dié natuurreservaat is in 1998 gestig en beslaan die Tafelberg-bergreeks. ... dat die eerste fiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig. ... dat die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wikipedia geskep is, Hindoeïsme was? Dit was op 17 November 2001. ... dat Kiribati die enigste land op aarde is wat in al die vier hemisfere streek: die Noordelike, Suidelike, Westelike en Oostelike halfronde. Daarbenewens is dit een van die eerste bewoonde gebiede om die nuwejaar te vier.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|