Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die nasionale vlag van Estland (Esties: Eesti lipp) is op 7 Augustus 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, swart en wit. In Esties word na die vlag ook as sinimustvalge (“blou-swart-wit”) verwys. Toe die Republiek Estland in 1918 ’n onafhanklike land geword het, is die driekleur reeds wyd gebruik as die simbool van Estland en Estlanders. Die sinimustvalge is op 21 November 1918 amptelik in gebruik geneem kragtens ’n besluit deur die nasionale regering en op 16 Julie 1922 het die Estlandse parlement deur ’n wet die vlag se amptelike status bekragtig. Die driekleur is tot in die eerste jaar van die Tweede Wêreldoorlog in die openbaar as die nasionale vlag gebruik totdat die Sowjetse Rooi Leër in Junie 1940 Estland binnegeval het. Ná die besetting en anneksasie van Estland deur die USSR in Augustus 1940 het die nuwe Stalinistiese regime die Estlandse vlag en sy gebruik verbied, maar ook enige gebruik van die kombinasie van sy kleure blou, swart en wit is deur Sowjetse wette verban. Die nasionale vlag is van 1940 tot 1991 voorts deur die Estlandse regering in ballingskap, sy diplomatiese diens en die Estlandse diaspora wêreldwyd gebruik. Die Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek het van 1944 tot 1990 die vlag van Sowjet-Estland gebruik bestaande uit die generiese rooi Sowjetvlag met die naam van die republiek in die skildhoek, waarna dit verander is in die rooi vlag met ’n baan blou golwe in die vlag se onderste helfte. In Oktober 1988 is die gebruik van die blou-swart-wit-vlag opnuut amptelik verbied deur die plaaslike owerheid. Op 23 Februarie 1989 is die Sowjetse vlag permanent van die Pikk Hermann by die Toompea-kasteel (setel van die Estlandse parlement) in die hoofstad Tallinn verwyder. Op 24 Februarie, ter geleentheid van die 70ste herdenking van die Estlandse onafhanklikheidsverklaring in 1918, is dit met die blou-wit-swart-vlag vervang. Op 7 Augustus 1990, een jaar voor volle onafhanklikwording, is die nasionale vlag amptelik deur die Estlandse owerheid amptelik in hergebruik geneem.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat 'n mens se are blou lyk omdat die bloed daarin geen suurstof bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is. ... dat sekere vroue in die Victoriaanse tydperk arseen gemeng met asyn en kalk gedrink het? Dit is gedoen om hul gelaatskleur te verbeter en hulle velle ligter te maak as bewys dat hulle van 'n hoër stand is en nie in die landerye werk nie. ... dat die "Kop"-paviljoen by Liverpool se Anfield-stadion vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1 653 is gewond. Teenswoordig is dit die gewoonte in Engels om na enige steil paviljoen as 'n "kop" te verwys. ... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is? In dié tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien. ... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By die Voorvoegselindeks kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle artikelname wat met "ek" begin, opspoor.
![]() Vandag in die geskiedenis
![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|