Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Saterdag, 1 Februarie 2025
Hier is tans 121 413 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Ugandese nasionale krieketspan.

Die Ugandese nasionale krieketspan (Engels: Uganda national cricket team; Swahili: Timu ya kriketi ya Uganda), met die bynaam “Cricket Cranes”, is die nasionale krieketspan wat Uganda in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Uganda deur die Ugandese Krieketvereniging (UCA, van Engels: Uganda Cricket Association; Swahili: Shirikisho la Kriketi Uganda) beheer. Uganda is sedert 1998 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Saam met Kenia en Namibië is Uganda tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikakrieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe.

Uganda het al vroeg in 1914 met ’n internasionale span teen die Oos-Afrikaanse Protektoraat te staan gekom, maar hulle het eers van die vroeë 1950’s af gereeld teen ander spanne begin speel en gereeld reekse teen die plaaslike mededingers Kenia en Tanzanië (destyds Tanganjika) beslis. Van 1966 af het Uganda spelers beskikbaar gestel vir die gesamentlike Oos-Afrikaanse span wat in 1989 die Oos- en Sentraal-Afrikaanse span geword het.

Tydens die IKR-trofee 2001 in Kanada het die land op sy eie deelgeneem. Uganda het aan die volgende drie toernooie deelgeneem, wat later in krieketwêreldbekerkwalifisering hernoem is, maar hulle kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Tydens die Wêreldkrieketliga het Uganda drie keer die Wêreldkrieketliga se afdeling twee gehaal, maar hulle het elke keer na afdeling drie teruggeval. Die span het ook ses keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem en die 2023-kwalifisering as naaswenner ná Namibië afgesluit, waarmee hulle vir die T20I-wêreldbeker 2024 kon kwalifiseer, hul eerste deelname aan dié toernooi. In dié proses kon hulle onder andere die volle lid Zimbabwe vir die eerste keer klop. Daarmee het hulle ná die volle lede Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die assosiaatlede Namibië en Kenia die vyfde Afrikaland geword wat vir ’n internasionale kriekettoernooi kon kwalifiseer. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Uganda Papoea-Nieu-Guinee klop, gelyk aan hul eerste T20I-wêreldbekeroorwinning en eerste oorwinning in enige IKR-toernooi ooit.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Uganda ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Uganda is tans (Januarie 2025) 22ste op die Twintig20-wêreldranglys.

...lees verder

In die nuus

Het u geweet...

... dat slegs een van die oorspronklike Sewe Wonders steeds bestaan? Buiten die Groot Piramide van Giza het almal vergaan.

... dat Clarens in die Oos-Vrystaat vernoem is na Clarens, die noordwestelike stadswyk in Montreux, Switserland, waar president Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek oorlede is?

... dat Suid-Afrika se twaalf amptelike tale relatief min is? Alhoewel hulle nie as amptelike tale erken word nie, kom 'n mens 710 tale in Indonesië teë en 453 in Indië. Zimbabwe spog met 16 ampstale en Papoea-Nieu-Guinee is volgens Ethnologue die land met die meeste lewende tale, naamlik 840.

... dat Clarens in die Oos-Vrystaat vernoem is na Clarens, die noordwestelike stadswyk in Montreux, Switserland, waar president Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek oorlede is?

... dat Cyril Ramaphosa 'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die NUM, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982.

Vandag in die geskiedenis

1 Februarie: Imbolc en Lughnasadh in onderskeidelik die Noordelike en Suidelike Halfrond (Keltiese mitologie); Sint Brigidsdag (Westerse Christendom).

Kenteken van die laaste Columbiasending
Kenteken van die laaste Columbiasending

Voorbladbeeld
Europese konyn (Oryctolagus cuniculus) ìn Austin's Ferry, Tasmanië, Australië
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
فارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikels
НохчийнCatalàČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering