Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Tiglat-Pileser III (uit Hebreeus: תִּגְלַת פִּלְאֶסֶר; Akkadies: 𒆪𒋾𒀀𒂍𒊹𒊏 Tukultī-apil-Ešarra, "my vertroue is in die seun van Ešarra") was in die 8ste eeu v.C. (745-727 v.C.) koning van die Nieu-Assiriese Ryk. Hy was een van die prominentste en histories belangrikste Assiriese konings wat 'n tydperk van stagnasie omgekeer het, talle gevorderde burgerlike, militêre en politieke stelsels ingestel en die grondgebied onder Assiriese beheer meer as verdubbel het. Vanweë die enorme uitbreiding en sentralisasie van die Assiriese gebied en die stigting van 'n vaste weermag, beskou sommige historici Tiglat-Pileser se bewind as die ware oorgang van Assirië in 'n ryk. Die hervormings en metodes van beheer wat hy bekend gestel het, het nie net die basis geskep vir beleide wat deur latere Assiriese konings gevolg is nie, maar ook deur latere ryke vir millenniums ná sy dood. Die omstandighede waaronder Tiglat-Pileser koning geword het, is nie duidelik nie. Omdat antieke Assiriese bronne teenstrydige weergawes van sy afkoms gee en daar 'n opstand was om en by die tyd van sy troonbestyging, het baie historici tot die gevolgtrekking gekom dat hy 'n troonrower was wat die troon van sy voorganger, Assur-nirari V, afgeneem het. Dié was óf sy pa óf sy broer. Ander historici meen die bewyse kan ook vertolk word as dat hy die troon op 'n wettige wyse geërf het. Die debat duur voort. Tiglat-Pileser III het vroeg in sy bewind die koninklike mag vergroot deur die invloed van prominente amptenare en generaals in te kort. Hy het ’n groot deel van die antieke Nabye Ooste onderwerp; in die suide sy mede-Mesopotamiërs in Babilonië en Galdea, asook verskeie volke van die Arabiese Skiereiland; in die suidweste Israel, Juda, Filistea, Samarra, Moab, Edom, die Suteërs en Nabatea; in die noorde Urartu, Armenië en Skitië in die Kaukasus, Krimmerië aan die Swartsee, en Nairi; in die noordweste ’n groot deel van oostelike en suidwestelike Klein-Asië, insluitende die Hetiete, Frigië en Karië; in die weste die Grieke van Siprus en Aram (die hedendaagse Sirië), en die Mediterreense stadstate Fenisië/Kanaän; in die ooste Persië, Medië, die Goeteërs, die Manneërs en Elam. Later tydens sy bewind is hy ook in Babilonië as koning gekroon. Tiglat-Pileser III het opstande teen die Assiriese bewind ontmoedig deur middel van die gedwonge deportasie van duisende mense deur sy hele ryk. Hy was een van die suksesvolste militêre aanvoerders in die wêreldgeskiedenis – hy het die grootste deel van die wêreld verower wat aan die Assiriërs bekend was.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat die stigter van Windhoek, Curt von François, in Königs Wusterhausen, nou 'n stad in die Duitse deelstaat Brandenburg, oorlede is? ... dat Swede in 1712 30 Februarie op 29 Februarie laat volg het deur die Sweedse kalender af te skaf? ... dat sedert die toetrede van Finland en Swede tot NAVO in onderskeidelik 2023 en 2024 al die Skandinawiese lande weer lede van een (en dieselfde) militêre alliansie is? Dit was laas die geval tydens die Kalmarunie wat in 1523 ontbind is. ... dat die kapibara se idiomatiese naam, "watervark", 'n wanbenaming is? Dié dier is in werklikheid verwant aan die muis en die rot, en met lengtes tot meer as 130cm, is dit die grootste knaagdier ter wêreld. ... dat die voormalige dorp Darlington oorstroom is toe die Darlingtondam in die 1920's in die Sondagsrivier gebou is? Dit word nou deur die dam bedek.
![]() Vandag in die geskiedenis
![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|