Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 8 April 2025
Hier is tans 123 559 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2024.

Die T20I-wêreldbeker 2024 (Engels: 2024 ICC Men's T20 World Cup) is van 1 tot 29 Junie 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië beslis. Dit was die negende T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste kriekettoernooi ooit in die Verenigde State, terwyl Wes-Indië voorheen die 2010-toernooi aangebied het. Daarbenewens was die Verenigde State die eerste medegasheer in die Amerikas buite Wes-Indië. Die vyf Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook Guyana en die Verenigde State het gesamentlik opgetree as gashere vir dié toernooi, meer as by enige ander T20I-wêreldbekertoernooi. Dit was ná die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010 die derde vername kriekettoernooi in Wes-Indië.

Die T20I-wêreldbeker 2024 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die 16 van die vorige vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 20 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die twee gashere (die Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige toernooi (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. In Julie 2023 het Ierland en Skotland die twee Europese plekke bepreek, terwyl Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-plek bespreek het. In Oktober 2023 het Kanada as Amerikaanse kwalifiseerder gevolg en een maand later Nepal en Oman as Asiatiese kwalifiseerders, asook Namibië en Uganda as Afrikakwalifiseerders. Engeland was die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2022 gewen het.

Afghanistan, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Suid-Afrika het Afghanistan geklop en Indië vir die verdedigende wêreldkampioen Engeland, waardeur Indië en Suid-Afrika mekaar in die eindstryd ontmoet het. Indië het Suid-Afrika in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met sewe lopies verslaan en sodoende ná 2007 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm, waarmee hulle ná Wes-Indië in 2016 en Engeland in 2022 die derde span geword het wat die T20I-wêreldbekertrofee vir ’n tweede keer kon wen. Die gashere die Verenigde State en die tweemalige wenner Wes-Indië is in die Super Agt uitgeskakel. Namibië is ná een oorwinning en drie nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel.

...lees verder

In die nuus
Netumbo Nandi-Ndaitwah in 2022.
Netumbo Nandi-Ndaitwah in 2022.

Het u geweet...

... dat daar reeds in 1951 aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal begin werk is? Dit is die grootste woordeboek wat Afrikaanse woorde beskryf en is steeds nie voltooi nie.

... dat Arabies saam met Hebreeus 'n amptelike taal van Israel is? Daar is sowat een miljoen Arabiessprekende burgers in Israel. Arabies is die amptelike taal in 25 lande, die derde meeste naas Engels en Frans.

... dat Clarens in die Oos-Vrystaat vernoem is na Clarens, die noordwestelike stadswyk in Montreux, Switserland, waar president Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek oorlede is?

... dat 'n mens se hart ongeveer 101 000 keer 'n dag klop? Tydens 'n gemiddelde leeftyd sal 'n hart ongeveer 400 miljoen liter bloed pomp.

... dat Julius Richard Petri die eerste mikrobioloog was wat 'n moderne stelsel daargestel het om bakterieë te kweek met die ontdekking van die petribakkie?

Vandag in die geskiedenis

8 April

Andries Pretorius
Andries Pretorius

Voorbladbeeld
Stillewe met vars geplukte plaaslike aarbei, in 'n kristalbak op 'n gestreepte tafeldoek in Tuntorp, Brastad, Lysekil City, Swede.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering