Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 11 Maart 2025
Hier is tans 122 588 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Tiglat-Pileser III: stele van die mure van sy paleis (Britse Museum, Londen).

Tiglat-Pileser III (uit Hebreeus: תִּגְלַת פִּלְאֶסֶר; Akkadies: 𒆪𒋾𒀀𒂍𒊹𒊏 Tukultī-apil-Ešarra, "my vertroue is in die seun van Ešarra") was in die 8ste eeu v.C. (745-727 v.C.) koning van die Nieu-Assiriese Ryk. Hy was een van die prominentste en histories belangrikste Assiriese konings wat 'n tydperk van stagnasie omgekeer het, talle gevorderde burgerlike, militêre en politieke stelsels ingestel en die grondgebied onder Assiriese beheer meer as verdubbel het.

Vanweë die enorme uitbreiding en sentralisasie van die Assiriese gebied en die stigting van 'n vaste weermag, beskou sommige historici Tiglat-Pileser se bewind as die ware oorgang van Assirië in 'n ryk. Die hervormings en metodes van beheer wat hy bekend gestel het, het nie net die basis geskep vir beleide wat deur latere Assiriese konings gevolg is nie, maar ook deur latere ryke vir millenniums ná sy dood.

Die omstandighede waaronder Tiglat-Pileser koning geword het, is nie duidelik nie. Omdat antieke Assiriese bronne teenstrydige weergawes van sy afkoms gee en daar 'n opstand was om en by die tyd van sy troonbestyging, het baie historici tot die gevolgtrekking gekom dat hy 'n troonrower was wat die troon van sy voorganger, Assur-nirari V, afgeneem het. Dié was óf sy pa óf sy broer. Ander historici meen die bewyse kan ook vertolk word as dat hy die troon op 'n wettige wyse geërf het. Die debat duur voort.

Tiglat-Pileser III het vroeg in sy bewind die koninklike mag vergroot deur die invloed van prominente amptenare en generaals in te kort. Hy het ’n groot deel van die antieke Nabye Ooste onderwerp; in die suide sy mede-Mesopotamiërs in Babilonië en Galdea, asook verskeie volke van die Arabiese Skiereiland; in die suidweste Israel, Juda, Filistea, Samarra, Moab, Edom, die Suteërs en Nabatea; in die noorde Urartu, Armenië en Skitië in die Kaukasus, Krimmerië aan die Swartsee, en Nairi; in die noordweste ’n groot deel van oostelike en suidwestelike Klein-Asië, insluitende die Hetiete, Frigië en Karië; in die weste die Grieke van Siprus en Aram (die hedendaagse Sirië), en die Mediterreense stadstate Fenisië/Kanaän; in die ooste Persië, Medië, die Goeteërs, die Manneërs en Elam. Later tydens sy bewind is hy ook in Babilonië as koning gekroon.

Tiglat-Pileser III het opstande teen die Assiriese bewind ontmoedig deur middel van die gedwonge deportasie van duisende mense deur sy hele ryk. Hy was een van die suksesvolste militêre aanvoerders in die wêreldgeskiedenis – hy het die grootste deel van die wêreld verower wat aan die Assiriërs bekend was.

...lees verder

In die nuus
João Lourenço in 2023.
João Lourenço in 2023.

Het u geweet...

... dat die Mercury-Redstone 1 ruimtevlug as die vierduim vlug bekend staan?

... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde.

... dat Helsinki, die hoofstad van Finland, tot teen die einde van die 19de eeu 'n oorwegend Sweedstalige stad was? Vandag is Helsinki 'n tweetalige stad en praat 6,2% van sy inwoners Sweeds en 88% Fins.

... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf.

... dat die "Kop"-paviljoen by Liverpool se Anfield-stadion vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1 653 is gewond. Teenswoordig is dit die gewoonte in Engels om na enige steil paviljoen as 'n "kop" te verwys.

Vandag in die geskiedenis

11 Maart: Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (2005)

John Howard
John Howard

Voorbladbeeld
'n Beeld van Darius die Grote
(𐎭𐎠𐎼𐎹𐎺𐎢𐏁, Dārayavauš) in Persepolis
Tuisblad
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering