Maledive
Die Maledive of Maledive-eilande (Dhivehi: ދިވެހިރާއްޖެ, Dhivehi Raa'jey), amptelik die Republiek die Maledive (ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ, Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya), is 'n tropiese eilandstaat in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit bestaan uit 1 192 eilande, waarvan ongeveer 200 bewoon is. Die Maledive is die kleinste onafhanklike land in Asië met 'n oppervlakte van 300 km² en 'n bevolking van 521 020 in 2022. Die hoofstad en grootste stad is Malé. Die Maledive is sowat 700 km suidwes van Indië, 400 km suidwes van Sri Lanka en 500 km noord van die Chagos-argipel geleë. In die noordweste sluit die Arabiese See aan.
| |||||
Nasionale leuse: الدولة المحلديبية (Dhivehi vir: "Staat van die Mahal Dibiyat") | |||||
Volkslied: ޤައުމީ ސަލާމް Gaumii salaam (Dhivehi vir: "Nasionale saluut") | |||||
Hoofstad | Malé | ||||
Grootste stad | Malé | ||||
Amptelike tale | Dhivehi | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Mohamed Muizzu Hussain Mohamed Latheef | ||||
Onafhanklikheid • Onafhanklikheid
• Huidige grondwet |
van die Verenigde Koninkryk 26 Julie 1965 7 Augustus 2008 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
300[1] km2 (187ste) 120 myl2 ≈99 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
392 473 (175ste) 521 020[2] 1 102,5 / km2 (8ste) 2 855,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,747[4] (90ste) – hoog | ||||
Gini (2019) | 29,3[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Rufiyaa (MVR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MVT (UTC+5:00) nie toegepas nie (UTC+5:00) | ||||
Internet-TLD | .mv | ||||
Skakelkode | +960 |
Die naam "Maledive" is waarskynlik ontleen aan die Tamil-woorde maalai ("krans") en theevu ("eiland"),[6] of මාල දිවයින (Maala Divaina, "halssnoereilande") in Singalees.[7] In Sanskrit beteken mālādvīpa (मालाद्वीप) "krans van eilande". Die landsnaam verwys darem ná die Maledive se geografiese vorm as 'n eilandketting. Die antieke Sri Lankaanse kroniek Mahawamsa verwys ná 'n eiland met die naam Mahiladiva ("eiland van vroue", महिलादिभ) in Pali, wat waarskynlik 'n verkeerde vertaling van die Sanskritnaam is.
Die Maledive het in 1887 'n Britse protektoraat geword, maar op 26 Julie 1965 word dit 'n onafhanklike land. In onlangse jare het die Maledive 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met Sri Lanka is die Maledive net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die hoogste onder Suid-Asiatiese lande.
Die Maledive word ernstig deur klimaatverandering bedreig en saam met ander klein eilandstate beywer die regering hulle vir die bekamping van aardverwarming. Die Maledive handhaaf sterk bande met ander eilandstate in die Indiese Oseaan soos die Comore-eilande, Mauritius en die Seychelle. In 2016 het die Maledive die Britse Statebond verlaat, uit protes teen internasionale kritiek op sy rekord in verband met korrupsie en menseregte.[8] Die Maledive het, nadat hulle funksionerende demokratiese prosesse en volksondersteuning kon bewys, weer op 1 Februarie 2020 by die Statebond aangesluit.[9]
Geskiedenis en politiek
wysigDie eerste kontak met die Weste dateer uit 1518, toe die Portugese vergeefs probeer het om die Maledive vanuit Goa te koloniseer. Ná voortdurende aanvalle deur seerowers van die Malabarkus het die sultan van die eilande die Nederlandse koloniste op Ceylon (huidige Sri Lanka) in 1645 om beskerming genader.
Ná die oordrag van Ceylon aan die Verenigde Koninkryk het die Maledive onder Britse beskerming gestaan en in 1887 het dit 'n Britse protektoraat geword. Met die onafhanklikwording van Ceylon in 1948 is selfbestuur aan die eilande toegeken, hoewel die Verenigde Koninkryk steeds vir die buitelandse beleid verantwoordelik gebly het.
Die Maledive het in 1965 onafhanklik geword en in 1968 is die grondwetlike monargie (sultanaat) in 'n grondwetlike republiek omskep.
Nasionale simbole
wysig-
Die geelvintonyn (Thunnus albacares) is die Maledive se nasionale dier
-
Die witborswaterhoender (Amaurornis phoenicurus) is die Maledive se nasionale voël
-
Die kokospalm (Cocos nucifera) is die Maledive se nasionale boom
-
Die pinkroos (Rosa Polyantha) is die Maledive se nasionale blom
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Maldives". Central Intelligence Agency. Besoek op 18 November 2023.
- ↑ (en) "Maldives Population Projections 2014–2054". Nasionale Statistiekkantoor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2021. Besoek op 24 Mei 2020.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Maldives". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 18 November 2023.
- ↑ (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 18 November 2023.
- ↑ (en) "Gini index – Maldives". Wêreldbank. Besoek op 18 November 2023.
- ↑ (en) Hogendorn, Jan en Johnson Marion (1986). The Shell Money of the Slave Trade. pp. 20–22. ISBN 0-521-54110-7.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - ↑ (en) P.E.P Deraniyagala in Senarat Paranavitana; Leelananda Prematilleka; Johanna Engelberta van Lohuizen-De Leeuw (1978). Senarat Paranavitana Commemoration Volume. Brill. pp. 52–. ISBN 978-90-04-05455-4. Besoek op 14 Maart 2020.
- ↑ (en) "Commonwealth Secretariat". 13 Oktober 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 14 Maart 2020.
- ↑ (en) "Maldives rejoins Commonwealth after evidence of reforms". The Guardian. 1 Februarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 14 Maart 2020.
Bronnelys
wysig- Algemeen
- (en) "Maldives". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 November 2023.
- (en) "Maldives". Central Intelligence Agency. Besoek op 18 November 2023.
- (af) Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-59-1, volume 18, bl. 14
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Maledive. |
- (en) Toerisme-inligting oor Maledive op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf van die Maledive-president
- (en) Amptelike webwerf van die Maledive-regering