Groot-Brittanje
- Hierdie artikel handel oor die eiland in Europa. Vir die huidige land, sien gerus Verenigde Koninkryk, en vir die voormalige land, sien gerus Koninkryk van Groot-Brittanje.
Groot-Brittanje (Engels: Great Britain, Wallies: Prydain Fawr, Skots-Gaelies: Breatainn Mhòr, Skots: Great Breetain, Kornies: Breten Veur; dikwels verkort tot slegs Brittanje) is die grootste eiland van die Britse Eilande, die grootste eiland in Europa en die agtste grootste eiland ter wêreld. Dit is geleë aan die weskus van die vasteland van Europa en is die hoofgebied van die Verenigde Koninkryk.
Groot-Brittanje Inheemse naam: Great Britain (Engels) Prydain Fawr (Wallies) Breatainn Mhòr (Skots-Gaelies) Great Breetain (Skots) Breten Veur (Kornies) | |
---|---|
Ligging van Groot-Brittanje in Wes- en Noord-Europa | |
Geografie
| |
Ligging | Noord- of Wes-Europa |
Koördinate | 53°50′N 02°25′W / 53.833°N 2.417°W |
Argipel | Britse Eilande
|
Oppervlakte | 229 848 vk km |
Hoogste punt | Ben Nevis 1 344 m |
Administrasie | |
Verenigde Koninkryk | |
Land | Engeland
|
Hoofstad | Londen |
Grootste stad | Londen (8 174 100) |
Elizabeth II | Elizabeth II
|
Demografie | |
Bevolking | 60 003 000
|
Bevolkingsgroepe | Britte, Engelse, Skotte, Walliesers |
Die wêreld se negende grootste eiland en die grootste eiland van Europa en die Verenigde Koninkryk |
Die term Groot-Brittanje word ook gebruik as 'n politieke term wat die kombinasie van Engeland, Skotland en Wallis beskryf, die drie nasies wat saam die hele eiland beslaan, alhoewel elkeen addisionele kleiner eilande insluit. Die term Brittanje word soms gebruik wanneer Groot-Brittanje bedoel word, en beide word gebruik om na die Verenigde Koninkryk te verwys, wat ook Noord-Ierland insluit. Groot-Brittanje word mees algemeen gebruik as 'n verkorting vir die ellelange "Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland". Alhoewel dit onakkuraat is, word dié afkorting gereeld deur amptelike liggame as sinoniem vir die VK in sommige kontekste gebruik. (Daar word byvoorbeeld na die VK-span wat in die Olimpiese Spele deelneem verwys as 'Team GB', en die VK gebruik die Internasionale nommerplaatkode 'GB').
Staatkundige gebiede geassosieer met Groot-Brittanje
wysig- Koninkryk van Skotland, 843 tot 1651 en 1660 tot 1707
- Koninkryk van Engeland, 927 tot 1649 en 1660 tot 1707
- Prinsdom van Wallis, 1216 tot 1542
- Gemenebes van Engeland, 1649 tot 1654
- Koninkryk van Groot-Brittanje, 1707 tot 1800
- Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland, 1800 tot 1922
- Verenigde Koninkryk, sedert 1922
Ander staatkundige gebiede in die Britse Eilande
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot-Brittanje.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Groot-Brittanje.
- Know Britain – een verduideliking van die terme "Groot-Brittanje", "Verenigde Koninkryk", ens.
- Administratiewe kaart van Groot-Brittanje