1981
jaar
1981 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1976 | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | ◄ 1981 ► | 1982 | 1983 | 1984 | 1985 | 1986 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1981 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Margaret Thatcher in 1981 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1981 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 81ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Griekeland tree tot die Europese gemeenskap toe.
- 25 Januarie – Meer as 100 mense sterf toe die Buffels- en die Baviaansrivier afkom en die Karoodorp Laingsburg oorstroom.
- 30 Januarie – Apartheid: Vier-en-twintig mense sterf in Operasie Beanbag, ’n aanval deur die Suid-Afrikaanse Weermag op die ANC en PAC, in Matola, ’n woonbuurt in Maputo, Mosambiek. ’n Portugese ingenieur, Jose Ramos, word verkeerdelik geïdentifiseer as Joe Slovo en by ’n padblokkade doodgeskiet.
- 30 Maart – President Ronald Reagan word deur John Hinckley, Jr, in die bors geskiet buite ’n hotel in Washington, D.C..
- 12 April – Columbia word gelanseer, die eerste ruimtependeltuig.
- 27 April – Xerox PARC stel die rekenaarmuis bekend.
- 21 Julie – Sri Lanka word 'n volle lid van die Internasionale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR).
- 21 September – Belize word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 2 Oktober – Switserse elektronika en tegnologie maatskappy Logitech gestig deur ingenieurs Daniel Borel, Pierluigi Zappacosta en Giacomo Marini.
- 6 Oktober – President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoord-aanval tydens ’n parade in Kaïro ter herdenking van die Jom Kippoeroorlog.
- 14 Oktober – Hosni Mubarak word verkies tot president van Egipte, 'n week ná die sluipmoord op Anwar Sadat.
- 30 Oktober – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 13 word lanseer.
- 1 November – Antigua en Barbuda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- Peter Checkland ontwikkel die sagtestelsel-metodiek gebaseer op hierargiese verhoudings binne stelsels.
Geboortes
wysig- 22 Januarie – Khabonina Qubeka, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 25 Januarie – Alicia Keys, Amerikaanse aktrise en komponis.
- 1 Februarie – Graeme Smith, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein.
- 2 Februarie – Marlene van Staden, Suid-Afrikaanse politikus en die eerste burgemeester van die Modimolle–Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit († 2023).
- 15 Februarie - Lee-Anne Pace, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 17 Februarie – Paris Hilton, Amerikaanse sosiale vlinder.
- 24 Februarie – Jean de Villiers, Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 3 Maart – Julius Malema, Suid-Afrikaanse linkse politikus en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters.
- 28 Maart – Julia Stiles, Amerikaanse aktrise.
- 31 Maart – Quinton Immelman, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 3 April − Michael Scott, Britse geskiedkundige, skrywer en televisie-aanbieder.
- 19 April – Hayden Christensen, Kanadese akteur.
- 25 April – Felipe Massa, afgetrede Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
- 27 April – Dang Ye-seo, genaturaliseerde Suid-Koreaanse tafeltennisspeler.
- 28 April – Jessica Alba, Amerikaanse aktrise, kinematograaf en vervaardiger.
- 18 Mei – Allen Leech, Ierse akteur.
- 29 Mei – Juliana Knust, Brasiliaanse aktrise.
- 7 Junie – Anna Kournikova, Russiese model, televisiepersoonlikheid en oud-beroepstennisspeler.
- 11 Junie – Bonné de Bod, televisie-aanbieder en -vervaardiger.
- 12 Junie – Adriana Lima, Brasiliaanse fotomodel.
- 12 Junie – Gurthrö Steenkamp, oud-Springbokrugbyspeler.
- 20 Junie – Hennie Jacobs, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, komediant.
- 3 Julie − Ilse De Vis, Vlaamse aktrise en televisieomroeper.
- 7 Julie − Suzaan Heyns, Suid-Afrikaanse modeontwerper.
- 24 Julie – Nayib Bukele, Salvadoraanse politikus en sakeman wat as die 43ste president van El Salvador gedien het.
- 29 Julie – Fernando Alonso, Spaanse Formule Een-renjaer, tweemalige wêreldkampioen.
- 30 Julie – Juan Smith, voormalige Springbokrugbyspeler.
- 8 Augustus – Roger Federer, Switserse beroepstennisspeler.
- 25 Augustus – Rachel Bilson, Amerikaanse aktrise.
- 29 Augustus – Brian Chesky, Amerikaanse sakeman en industriële ontwerper en die medestigter en hoof- uitvoerende beampte van Airbnb.
- 4 September – Beyoncé Knowles, Amerikaanse popsangeres.
- 26 September – Serena Williams, Amerikaanse tennisspeelster.
- 24 Oktober – Grant Riddles, Suid-Afrikaanse politikus en die huidige burgemeester van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit.
- 2 Desember – Britney Spears, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- Onbekend – Charl van den Berg, Suid-Afrikaanse model en gay-aktivis († 2015).
Sterftes
wysig- dag onbekend – Johannes Keevy, Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris van 1962 tot 1968 (* ~ 1909).
- 6 Januarie – A.J. Cronin, Skotse romanskrywer (* 1896).
- 12 Januarie - Isobel Elsom, Engelse aktrise (* 1893).
- 16 Januarie – Shingwedzi, 'n groottandolifant wat in die Krugerwildtuin geleef het (* 1934).
- 7 Maart – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent (* 1914).
- 23 Maart – Claude Auchinleck, Britse veldmaarskalk (* 1884).
- 2 April – Nico Malan, administrateur van Kaapland (* 1903).
- 4 April – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 8 April – Omar Bradley, Amerikaanse generaal (* 1893).
- 12 April – Joe Louis, Amerikaanse bokser (* 1914).
- 5 Mei − Robert Gerard Sands, lid van die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (IRA) wat aan 'n hongerstaking gesterf het (* 1954).
- 9 Mei – Nelson Algren, Amerikaanse skrywer (* 1909).
- 11 Mei – Bob Marley, Jamaikaanse reggaesanger en musikant (* 1945).
- 13 Mei – Josef-Ernst Fürst Fugger von Glött, Duitse politikus (* 1895)
- 21 Mei – Trevor Lloyd Wadley, Suid-Afrikaanse fisikus en uitvinder (* 1920).
- 25 Mei – Dr. F.C.L. Bosman, lektor, skrywer en redakteur van Afrikaanse geskrifte (* 1898).
- 23 Junie – Zarah Leander, Sweedse aktrise en sangeres (* 1907).
- 14 Augustus – Karl Böhm, Oostenrykse dirigent (* 1894).
- 1 September – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening (* 1905).
- 9 September – Jacques Lacan, Franse psigoanalis (* 1901).
- 15 September – Harold Bennett, Britse akteur (* 1899).
- 21 September – Nigel Patrick, Engelse akteur (* 1912).
- 27 September – Robert Montgomery, Amerikaanse akteur (* 1904).
- 6 Oktober – President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoordaanval (* 1918).
- 19 Oktober – Edmond Schietekat, Vlaamse digter (* 1933).
- 19 Oktober – Dorothy Fischer (50), Suid-Afrika se eerste vroulike hartoorplantingspasiënt (* 1929).
- 12 November – William Holden, Amerikaanse akteur (* 1918).
- 26 November – Max Euwe, Nederlandse skaakspeler (* 1901).
- 29 November – Natalie Wood (Natasha Zakharenko), Amerikaanse filmaktrise (* 1938).
- 11 Desember – I.D. du Plessis, Afrikaanse skrywer en digter (* 1900).
- 13 Desember – Pigmeat Markham, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1904).