Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Natalse Regeringspoorweë (Engels: Natal Government Railways (NGR)) was van 1877 tot 1910 die spoorwegoperateur in staatsbesit in die voormalige Natalkolonie. Die kern van die NGR was die spoorlyn vanaf Durban tot Volksrust. Hierdie lyn het Charlestown (4 km van die destydse ZAR-grens) in 1891 bereik en die skakel na die Witwatersrand is in 1895 voltooi. Ander belangrike lyne is die Oranje-Vrystaat-skakel wat Harrismith in 1892 bereik het, die Noordkuslyn en die Suidkuslyn. Die NGR het 'n belangrike rol in die ekonomiese ontwikkeling van die Natalkolonie gespeel. In besonder, het die NGR die ontginning van die Noord-Natalse steenkoolvelde bespoedig. Voor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand, is die NGR deur die Natalse regering gesubsidieer, maar nadat die Witwatersrandskakel voltooi is, het die NGR 'n wins begin toon. Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het die NGR op 1 Januarie 1912 saamgesmelt met die Kaapse Regeringspoorweë en die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë om die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) te vorm.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan 'n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig. ... dat die meter tussen 1960 en 1983 in terme van die lig wat van 'n kriptonisotoop af uitgestraal word, gespesifiseer is? ... dat die dorp Roodepoort wes van Johannesburg se naam verwys na die rooi grond wat so algemeen in die omgewing is? Die dorp het ontstaan nadat 'n goudmynkamp op 'n plaas met die naam "Roodepoort" gestig is. ... dat die eerste fiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig. ... dat 'n mens se are blou lyk omdat die bloed daarin geen suurstof bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|