Portaal:Suid-Afrika


Welkom by die
Suid-Afrika
Portaal

Eenheid in Diversiteit
Flag of South Africa
Flag of South Africa
Coat of Arms for South Africa
Coat of Arms for South Africa
Map of the South Africa within Africa.

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en eSwatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.

Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land.

bewerk 

Gekose panorama

'n panorama van die Johannesburg CBD in die oggend die M1 highway.
'n panorama van die Johannesburg CBD in die oggend die M1 highway.
,
Credit: Dylan Harbour
<div style="text-align:center;Johannesburg CBD in die oggend
...Argief/Nominasies
bewerk 

Gekose artikel

Ou Suid-Afrikaanse banknote en munte, reeds uit sirkulasie
Die Rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert die republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse Pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrandgebied, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.[1] Dit is ook 'n amptelike geldeenheid in Suid-Afrika se buurlande Lesotho (saam met die loti), Namibië (saam met die Namibiese dollar), eSwatini (saam met die lilangeni) en 'n nie-amptelike geldeenheid van Zimbabwe (saam met verskeie ander geldeenhede). Die rand is vroeër ook in Botswana (1966–1976), Suidwes-Afrika (1961–1990) asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
  • 'n Rand word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c)
  • Die Rand is beskikbaar in 7 muntstukke (5c, 10c, 20c, 50c, R1, R2 en R5) en 5 note (R10, R20, R50, R100 en R200). Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
  • Die ISO-geldeenheidkode is ZAR (afgelei van Nederlands: Zuid-Afrikaanse Rand), en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
bewerk 

Gekose beeld

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument
Credit: Dewet

Die Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893.

...Argief/Nominasies
bewerk 

Gekose biografie

Nelson Mandela
Nelson Rolihlahla Mandela (gebore 18 Julie 1918) was die eerste staatshoof (1994-1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg. Mandela word gereken as 'n ikoon in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Versoenend teenoor sy politieke vervolgers, nadat hy 27 jaar gevange gehou is te Robbeneiland, tree hy op as patriarg om wêreldwyd respek te ontlok vir sy leierskap. Sy aansien styg ook onder die wit Afrikaanse bevolking in Suid-Afrika, tradisioneel Nasionale Party-ondersteuners, wat hom in die apartheidsjare as "vyand" tipeer het. Saam met F.W. de Klerk ontvang Mandela die Nobelprys vir vrede gedurende 1993. Hy oorhandig die William Webb Ellis trofee aan Francois Pienaar nadat die Springbokke die 1995 Rugby Wêreldbeker gewen het.
bewerk 

Museums en momumente

bewerk 

Kategorieë

Amptelike simbole van Suid-Afrika
Blom: Boom: Voël: Dier: Vis:
die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen
Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis
  1. Die agtergrond van die Suid-Afrikaanse Rand