Suid-Afrikaanse referendum van 1992
Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1992 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om 'n ja- of nee-stem uit te bring vir onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring. Die stemming het op 17 Maart 1992 plaasgevind en was tot wit stemgeregtiges beperk. Die uitkoms was 'n oorweldigende oorwinning vir die ja-stem.
Na afloop van die referendum is die beleid van afsonderlike ontwikkeling geskrap, wat universele stemreg aan alle kiesers binne die grense van Suid-Afrika verleen het. Dit het ook gelei tot die eerste volledig demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in April 1994.
Veldtog
[wysig | wysig bron]Die Nasionale Party het die "ja"-stem bemark terwyl die Konserwatiewe Party dit teengestaan het. Die NP het die volgende slagspreuke op referendum-plakkate aangebring:
- 'n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
- Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
- Ordentlike hervorming en redelikheid.
- Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
- Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
- Sterk en doelgerigte leierskap.
- 'n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
- Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
- Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
- Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.[1]
Resultate
[wysig | wysig bron]Die volgende vraag is aan stemgeregtiges gestel:
Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?[2] |
Nasionaal
[wysig | wysig bron]Keuse | Stemme | % |
---|---|---|
Vir | 1 924 186 | 68,73 |
Teen | 875 619 | 31,27 |
Bedorwe/blanko stemme | 5 142 | – |
Totaal | 2 804 947 | 100 |
Geregistreer/stempersentasie | 3 296 800 | 85,08 |
Per streek
[wysig | wysig bron]In Kaapstad en Durban het 85% van die stemgeregtigdes "ja" gestem, teenoor die 57% in Pretoria. Slegs Pietersburg in die Noord-Transvaal het 'n oorwegende "nee"-stem uitgebring (57%).
Provinsie | Area | Vir | Teen | Totaal ongeldige stemme | ||
---|---|---|---|---|---|---|
Stemme | % | Stemme | % | |||
Kaapprovinsie | Beaufort-Wes | 18 941 | 61,62 | 11 798 | 38,38 | 30 739 |
Kaapstad | 355 527 | 84,88 | 63 325 | 15,12 | 418 852 | |
Oos-Londen | 66 675 | 78,28 | 18 498 | 21,72 | 85 173 | |
George | 40 075 | 65,39 | 21 211 | 34,61 | 61 286 | |
Kimberley | 33 504 | 54,48 | 27 993 | 45,52 | 61 497 | |
Port Elizabeth | 87 216 | 74,46 | 29 909 | 25,54 | 117 125 | |
Natal | Durban | 204 371 | 85,03 | 35 975 | 14,97 | 240 346 |
Pietermaritzburg | 66 500 | 75,98 | 21 023 | 24,02 | 87 523 | |
Oranje-Vrystaat | Bloemfontein | 58 066 | 58,60 | 41 017 | 41,40 | 99 083 |
Kroonstad | 54 531 | 51,54 | 51 279 | 48,46 | 105 810 | |
Transvaal | Germiston | 164 025 | 65,38 | 86 844 | 34,62 | 250 869 |
Johannesburg | 324 686 | 78,30 | 89 957 | 21,70 | 414 643 | |
Pietersburg | 37 612 | 43,02 | 49 820 | 56,98 | 87 432 | |
Pretoria | 287 720 | 57,37 | 213 825 | 42,63 | 501 545 | |
Roodepoort | 124 737 | 52,44 | 113 145 | 47,56 | 237 882 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (af) Die leuen word voljarig[dooie skakel], Praag.co.za, 20 Oktober 2013
- ↑ (en) Spiess, Clemens (2009). Democracy and Party Systems in Developing Countries: A Comparative Study of India and South Africa. Taylor & Francis. p. 61. ISBN 9780415468091.