Ndabeni (Kaapstad)
Ndabeni is ‘n nywerheidsgebied van Kaapstad.
Ligging
[wysig | wysig bron]Die gebied is rondom die punt 33° 55′ 63″ suid en 18° 28′ 29″ oos. Dit lê noord van Pinelands, oos van Soutrivier en Observatory, wes van Epping en Thornton. Voortrekkerweg skei dit in die noorde van Maitland. Dit is ‘n 8 km van die middestad en ‘n spoorlyn van die stad na Muizenberg loop deur die gebied.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Na die uitbraak in Februarie 1901 van builepes in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog is besmette persone uit Distrik Ses na die Kaapse Vlakte verskuif en afgesonder in ‘n veldhospitaal en opslaangeboue. Mettertyd het dit tot die stad se eerste woonbuurt van swart inwoners ontwikkel. Reeds in 1920 was die area volledig bewoon en op 1 Mei 1925 is dit by die stad ingelyf.Daar was geen plek meer beskikbaar vir verdere nywerheidsuitbreiding nie en is besluit om die inwoners in die nuwe woonbuurt Langa te hervestig. Ndabeni is in 1935 tot nywerheidsgebied verklaar.
Naam
[wysig | wysig bron]Ndabeni is afgelei van die woord indaba en beteken dus “die plek van beraadslaging”.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- sahistory.org.za
- Sambumbo, Sipokazi: Reading visual representations of ‘Ndabeni’ in the public realm. In: Kronos, deel 36, nr. 1, November 2010 (scielo.org.za)