FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009
FIFA Confederations Cup South Africa 2009 FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Suid-Afrika |
Datums | 14 – 28 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (3 titels) |
Tweede plek | Verenigde State |
Derde plek | Spanje |
Vierde plek | Suid-Afrika |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 44 (2.75 per wedstryd) |
Bywoning | 584 894 (36 556 per wedstryd) |
Meeste punte | Luís Fabiano (5 doele) |
Beste speler | Kaká |
← 2005 2013 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Engels: FIFA Confederations Cup) is van 14 tot 28 Junie 2009 in Suid-Afrika aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gedien. Dit was die sesde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle die Verenigde State met 3–2 in die eindstryd geklop het. Spanje het in die derde en die gasheer Suid-Afrika in die vierde plek geëindig.
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Rustenburg | FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Suid-Afrika) |
Pretoria |
---|---|---|
Royal Bafokeng-stadion | Loftus Versfeld | |
25°34′43.5″S 27°9′39.4″O / 25.578750°S 27.160944°O | 25°45′11.8″S 28°13′22.6″O / 25.753278°S 28.222944°O | |
Kapasiteit: 42 000 | Kapasiteit: 50 000 | |
Bloemfontein | Johannesburg | |
Vrystaatstadion | Ellispark-stadion | |
29°7′3″S 26°12′32″O / 29.11750°S 26.20889°O | 26°11′51.2″S 28°3′38.7″O / 26.197556°S 28.060750°O | |
Kapasiteit: 48 000 | Kapasiteit: 60 000 | |
Deelnemende spanne
[wysig | wysig bron]Span | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Suid-Afrika | CAF | Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 | 2de |
Italië | UEFA | Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 | 1ste |
Verenigde State | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2007 | 4de |
Brasilië | CONMEBOL | Wenner van die Copa América in 2007[1] | 6de |
Irak | AFC | Wenner van die Asië Nasies-beker in 2007 | 1ste |
Egipte | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2008 | 2de |
Spanje | UEFA | Wenner van die UEFA Europa-beker in 2008[1] | 1ste |
Nieu-Seeland | OFC | Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2008 | 3de |
Wedstrydbal
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se amptelike wedstrydbal was die Adidas Kopanya. Die naam beteken “kom bymekaar” in Suid-Sotho, een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika. Die bal se paneelstruktuur is dieselfde as by die vorige balle Teamgeist en Europass. Die bal is wit en versier met dik swart lyne asook ’n gedetailleerde tradisionele Ndebele-ontwerp in rooi, geel, groen en blou.[2]
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 is oor 15 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 14 Junie 2009 op die Ellispark-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Irak afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 28 Junie met die eindstryd tussen Verenigde State en Brasilië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003 en 2005 ingespan.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 22 November 2008 in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg gehou.
Groepfase
[wysig | wysig bron]Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spanje | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 0 | +8 | 9 |
Suid-Afrika | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | 0 | 4 |
Irak | 3 | 0 | 2 | 1 | 0 | 1 | –1 | 2 |
Nieu-Seeland | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 7 | –7 | 1 |
14 Junie 2009 16:00 SAST | ||||
Suid-Afrika | 0–0 | Irak | Ellispark-stadion, Johannesburg Toeskouers: 48 837 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Verslag |
14 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Nieu-Seeland | 0–5 | Spanje | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 21 649 Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin) | |
Verslag | 6', 14', 17' Torres 24' Fàbregas 48' Villa |
17 Junie 2009 16:00 SAST | ||||
Spanje | 1–0 | Irak | Vrystaatstadion, Bloemfontein Toeskouers: 30 512 Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië) | |
Villa 55' | Verslag |
17 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Suid-Afrika | 2–0 | Nieu-Seeland | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 36 598 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Parker 21', 52' | Verslag |
20 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Irak | 0–0 | Nieu-Seeland | Ellispark-stadion, Johannesburg Toeskouers: 23 295 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Verslag |
20 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Spanje | 2–0 | Suid-Afrika | Vrystaatstadion, Bloemfontein Toeskouers: 38 212 Skeidsregter: Pablo Pozo (Chili) | |
Villa 52' Llorente 72' |
Verslag |
Groep B
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 3 | 0 | 0 | 10 | 3 | +7 | 9 |
Verenigde State | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 6 | –2 | 3 |
Italië | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
Egipte | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 7 | –3 | 3 |
15 Junie 2009 16:00 SAST | ||||
Brasilië | 4–3 | Egipte | Vrystaatstadion, Bloemfontein Toeskouers: 27 851 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Kaká 5', 90' (straf) Luís Fabiano 11' Juan 37' |
Verslag | 9', 55' Zidan 54' Shawky |
15 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Verenigde State | 1–3 | Italië | Loftus Versfeld, Pretoria Toeskouers: 34 341 Skeidsregter: Pablo Pozo (Chili) | |
Donovan 41' (straf) | Verslag | 58', 90+4' Rossi 72' De Rossi |
18 Junie 2009 16:00 SAST | ||||
Verenigde State | 0–3 | Brasilië | Loftus Versfeld, Pretoria Toeskouers: 39 617 Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland) | |
Verslag | 7' Felipe Melo 20' Robinho 62' Maicon |
18 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Egipte | 1–0 | Italië | Ellispark-stadion, Johannesburg Toeskouers: 52 150 Skeidsregter: Martin Hansson (Swede) | |
Homos 40' | Verslag |
21 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Italië | 0–3 | Brasilië | Loftus Versfeld, Pretoria Toeskouers: 41 195 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Verslag | 37', 43' Luís Fabiano 45' (e.d.) Dossena |
21 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Egipte | 0–3 | Verenigde State | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 23 140 Skeidsregter: Michael Hester (Nieu-Seeland) | |
Verslag | 21' Davies 63' Bradley 71' Dempsey |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
24 Junie – Bloemfontein | |||||||
Spanje | 0 | ||||||
Verenigde State | 2 | ||||||
28 Junie – Johannesburg | |||||||
Verenigde State | 2 | ||||||
Brasilië | 3 | ||||||
Derde plek | |||||||
25 Junie – Johannesburg | 28 Junie – Rustenburg | ||||||
Brasilië | 1 | Spanje | 3 | ||||
Suid-Afrika | 0 | Suid-Afrika | 2 |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]24 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Spanje | 0–2 | Verenigde State | Vrystaatstadion, Bloemfontein Toeskouers: 35 369 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Verslag | 27' Altidore 74' Dempsey |
25 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Brasilië | 1–0 | Suid-Afrika | Ellispark-stadion, Johannesburg Toeskouers: 48 049 Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland) | |
Dani Alves 88' | Verslag |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]28 Junie 2009 15:00 SAST | ||||
Spanje | 3–2 (e.t.) | Suid-Afrika | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 31 788 Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië) | |
Güiza 88', 89' Alonso 107' |
Verslag | 73', 90+3' Mphela |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]28 Junie 2009 20:30 SAST | ||||
Verenigde State | 2–3 | Brasilië | Ellispark-stadion, Johannesburg Toeskouers: 52 291 Skeidsregter: Martin Hansson (Swede) | |
Dempsey 10' Donovan 27' |
Verslag | 46', 74' Fabiano 84' Lúcio |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2009 |
---|
Brasilië |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[3] Die ranglys vir die 2009-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | B | 5 | 5 | 0 | 0 | 14 | 5 | +9 | 15 |
2 | Verenigde State | B | 5 | 2 | 0 | 3 | 8 | 9 | –1 | 6 |
3 | Spanje | A | 5 | 4 | 0 | 1 | 11 | 4 | +7 | 12 |
4 | Suid-Afrika | A | 5 | 1 | 1 | 3 | 4 | 6 | −2 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Italië | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
6 | Egipte | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
7 | Irak | A | 3 | 0 | 2 | 1 | 0 | 1 | −1 | 2 |
8 | Nieu-Seeland | A | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 7 | −7 | 1 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Die Suid-Amerikaanse en Europese kampioen is nie langer verplig om deel te neem nie. Bron: (en) Persberig FIFA 2005/2006 season: final worldwide matchday to be 14 May 2006 d.d. 19 Desember 2004 Geargiveer 15 Junie 2010 op Wayback Machine
- ↑ (en) "A vibrant ball for the rainbow nation". FIFA. 19 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2009. Besoek op 12 Desember 2009.
- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 28 Junie 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009. |
- (en) fifa.com: Brazil crowned on magical stage
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report Geargiveer 29 Junie 2013 op Wayback Machine
- (en) rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 2009